2018 Kalendar

Indien jy van die elektroniese kalender op Microsoft Outlook gebruik maak, mag jy dalk die kalender skedule nuttig vind.  Dit is  opgestel vir algemene gebruik en is nie ʼn aanwending wat e-pos adresse of ander inligting kollekteer nie.  Christelike dae, openbare vakansiedae, dae van herdenking en skoolkwartale en vakansies word hiermee beskikbaar gestel in Afrikaans vir gebruik in MS Outlook.
 
Indien jy belangstel en indien jy oor MS Outlook beskik sal die aangehegte fasiliteit, onmiddellik na installering, ‘n keuse van datums op jou MS Outlook se Kalender aantoon.  (Lees onder vir installering)  
 
Om te installeer
1) Laai die elektroniese lêer: “2018 Openbare vakansiedae en skoolvakansies” af (slegs 35kb) en aktiveer dan die lêer. (Druk Hier)
2) ‘n Nuwe skerm sal oopmaak wat ‘n keuse sal aandui,
Suid-Afrika  - Openbare vakansiedae  
Christelike dae
Dae van herdenking
Alle skoolvakansies en termyne (Binnelandse skole)
Alle skoolvakansies en termyne (Kusskole)
3) Oefen die keuse of keuses uit van dae wat tot jou MS Outlook Kalender toegevoeg moet word.
4) Druk op die OK knoppie
5) Die datums is nou almal oorgedra na jou Microsoft Outlook kalender.