Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
Media verklaring - 12 Mei  2022
Terug na media

Nzimande en Ideologie vs Afrikaans en die reg


Verklaring deur Jan Bosman 
Hoofsekretaris van die Afrikanerbond 

Nzimande se ideologie vs Afrikaans en die reg  

Die Afrikanerbond het kennis geneem van ʼn regsmening wat die Minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande bekom het en wat hom teregwys oor sy siening oor Afrikaans se inheemse status. Ons moet die politieke partye en die organisasies in die burgerlike samelewing wat die minister hieroor gekonfronteer het gelukwens met die volgehoue pogings om Afrikaans se regmatige plek in die samelewing te bevorder. 

Minister Nzimande se afwysende en minagtende siening oor Afrikaans is welbekend en het ons vantevore ook ernstige kritiek uitgespreek oor sy taaldwalinge. Daarom wil ons dringend ʼn beroep op die minister doen om af te sien van sy ideologiese siening oor Afrikaans en eerder die morele en korrekte roete te loop en die taalbeleidsraamwerk wat op 1 Januarie in werking getree het te wysig en aan te pas sodat Afrikaans sowel as die Khoi en Santale volwaardig erken word as inheemse tale. 

Vir te lank is Afrikaans as ʼn ideologiese speelbal en politieke slaansak gebruik deur politici soos dr Blade Nzimande. Eweneens is die grondwetlike diversiteit van Suid-Afrika deur nuutgevonde taalimperialiste geïgnoreer wat eerder Engelse eentaligheid bevorder en weier om kreatief en skeppend te dink.   
  
Die Afrikanerbond glo dat wedersydse respek vir die taalregte van ons land se mense ‘n hoeksteen is van ʼn gesonde samelewing. Daar is gevolglik nie ruimte vir ideologiese interpretasie soos wat Nzimande reeds vir soveel jare predik en toepas nie. Die realiteit is dat die Grondwet bepaalde taalreëlings bevat wat tot dusver nie na behore nagekom is nie. 

12 Mei 2022 
___________________________________________
Statement by Jan Bosman 
Chief Secretary of the Afrikanerbond 
 
Nzimande's ideology vs Afrikaans and the law  
 
The Afrikanerbond notes a legal opinion obtained by Minister of Higher Education Dr Blade Nzimande, remonstrating him for his views on Afrikaans' indigenous status. We must congratulate the political parties and other civil society organisations that challenged the Minister in this regard, for their continued efforts to promote Afrikaans' rightful place in society. 
 
Minister Nzimande's dismissive and contemptuous view of Afrikaans is well known, and we have in the past expressed serious criticism of his stance in this regard. We therefore urge the Minister to renounce his ideological view of Afrikaans and instead, as is morally correct, to amend and adapt the language policy framework that came into effect on 1 January, to fully recognise Afrikaans as well as the Khoi and San languages as indigenous languages. 
 
For too long, Afrikaans has been used as an ideological toy and political punching bag by politicians such as Dr Blade Nzimande. Similarly, the constitutional diversity of South Africa has been ignored by new-found language imperialists who promote English monolingualism and refuse to think creatively and with innovation. 
  
The Afrikanerbond believes that mutual respect for the language rights of our country's people is a cornerstone of a healthy society. Consequently, there is no room for ideological interpretation such as that preached and applied by Nzimande for so many years. The reality is that the Constitution contains certain language stipulations that, to date, have not been properly complied with. 
 
12 May 2022
Share by: