Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

LIDMAATSKAP VAN DIE AFRIKANERBOND? 

Doen nou aanlyn aansoek vir lidmaatskap. Nuwe lede ontvang 'n komplimentêre kopie van ons eeufees geskiedenisboek "Broederskap" deur Prof. OJO Ferreira 


Volg skakel onder om aanlyn aansoek te doen.




LIDMAATSKAP VAN DIE AFRIKANERBOND 
 ʼn Lid moet Afrikaanssprekend wees.
ʼn Lid moet ʼn belydende Christen wees.
ʼn Lid moet beginselvas wees.
 ʼn Lid moet ʼn ingesteldheid van dienslewering hê wat strook met die doelstellings van die Afrikanerbond. 
Die minimum toelatingsouderdom is agtien (18 ) jaar.

Verkryging en behoud van lidmaatskap van die Afrikanerbond is onderhewig aan: 
 Onderskrywing van die Afrikanerbond grondwet
 Toegewyde deelname aan die werksaamhede van die Afrikanerbond; en 
 Nakoming van die voorgeskrewe finansiële verpligtinge.
 Lidmaatskap tot die Afrikanerbond is en bly vertroulik!

WAT BETEKEN LIDMAATSKAP VAN DIE AFRIKANERBOND?
 

Die vraag word soms gevra: Wat kry ek vir my lidmaatskap van die Afrikanerbond? Die Erekode van die Afrikanerbond sowel as die instellingsformulier het die volgende frase: “Wie toetree, doen dit om te gee, nie om te ontvang nie; om te dien, nie om gedien of persoonlik bevoordeel te word nie.” Die Afrikanerbond is nie ʼn organisasie waaruit lede direkte voordele trek nie. Die Afrikanerbond bied dus nie onmiddellike voordele soos goedkoper vakansieverblyf, afslag by bepaalde winkels, gratis regsadvies, arbeidsondersteuning en so meer nie.

Die Afrikanerbond bied wel aan lede die volgende praktiese voordele:
  • Die geleentheid om deeglik bemagtig en met die nodige kennis toegerus te word deur: 
  • Gesaghebbende studiestukke oor aktuele vraagstukke te ontvang Die ontvangs van gereelde nuusbriewe en standpunte van die Afrikanerbond oor verskeie aktuele kwessies 
  • Lede se kundigheid aan te wend in die soeke na oplossings 
  • Die geleentheid om deel te wees van ʼn afdeling in elke dorp regoor die land waar: 
  • Studiestukke ontleed en bespreek word;
  • Knelpunte in die plaaslike omgewing geïdentifiseer en bespreek word;
  •  Kundigheid aangewend word om gesamentlik optrede te beplan en deur plaaslike netwerke tot uitvoering gebring word; 
Elke lid van die Afrikanerbond is deel van ʼn netwerk waardeur elkeen se kundigheid aangewend kan word om deurlopend die beste gebruike, oplossings en werkwyses te vind en te implementeer op so ʼn wyse dat dit ʼn betekenisvolle verskil maak.

ʼn Uitnodiging om die Afrikanerbond se ideaal te help verwesenlik
Kom help ons in die Afrikanerbond se strewe om as Afrikaner-belange organisasie:  
  • Die reeds gevestigde Afrikaner gemeenskap se belange te beskerm, te bevorder 
en waar nodig te mobiliseer en in samehang en gelyklopend daarmee 
  •  Die taal en kultuur minderhede /gemeenskappe van Suid-Afrika te identifiseer, verhoudinge te vestig en te aktiveer vir die vorming van vennootskappe in die Suid-Afrikaanse samelewing ten einde gemeenskaplike kwessies positief te bevorder binne die breë Suid-Afrikaanse staatkundige bestel.      
Doen nou aanlyn aansoek Aansoekvorm Laai af
Share by: