Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 15 April 2020
Terug na e-Afrikaner

5G Wi-Fi Tegnologie en die Koronavirus


Deur Fanus Johnson en Matie Strydom (IT Kundiges)  

'n Hele aantal mense het ons al gevra oor 5G Wi-Fi tegnologie, veral omdat daar in die onlangse media verskeie fopnuus artikels was wat die Koronavirus se ontstaan in China aan die gebruik van 5G tegnologie wil toeskryf.

Daar is selfs petisies wat die rondte doen wat vra dat 5G verban moet word.
Dit is absurd. 

Daar is ioniserende radio golwe en nie-ioniserende radio golwe. Ioniserende radio golwe is beperk tot sekere radio frekwensies. Die energie digtheid van die ioniserende frekwensies bepaal hoe skadelik dit is vir ‘n organisme.

Dink bv aan ‘n mikrogolf oond. Daar word teen ‘n drywing van 900 Watt en ‘n frekwensie van 2,4 GHz (2,4 Miljard veranderinge per sekonde - 12,5 cm golflengte) gewerk. Dit is genoeg om die water molekules in die kos te laat resoneer wat dmv wrywing, hitte veroorsaak.

As ons van Wi-Fi radio versending praat en ons gebruik ook hier bv 2,4 GHz stelsels, stuur hulle ‘n sein uit met drywing orde groottes wat minder is as ‘n mikrogolf oond s’n. Ons praat hier van milli-Watts, dus is die sein sterkte 1000 keer minder as in ‘n mikrogolf oond. Die energie digtheid is dus weglaatbaar klein en het geen invloed op ‘n organisme nie.

Dieselfde geld vir die mobiele 5G stelsels. Al die mobiele stelsels werk in ‘n frekwensie spektrum van onder 6 GHz. Die uitstralings drywing (sein sterkte) is ook in die lae bestek soos vroeër genoem. Omdat dit teen so ‘n lae sein uitstraal, moet daar meer radio’s in die omgewing geplaas word om eerstens, hoe bandwydte (spoed) vir die gebruiker te verseker en daar moet genoeg kapasiteit en radio dekking verseker word sodat almal betroubaar gekonnekteer kan word.
Onthou, die sein wat hierdie radio’s uitstuur, is so swak, dat dit binne meters feitlik onbruikbaar word.

Die ander frekwensies, die wat baie hoër is soos bo 25 GHz, moet ʼn mens wel voor versigtig wees. Die frekwensies word egter ook gou deur die atmosfeer verswak. Die frekwensies word al vir jare lank gebruik in punt tot punt mikrogolf stelsels. Omdat die stelsels op hoë maste en geboue gemonteer is, is hulle uitstralings gerig dmv antennas en dit behoort niemand dus skade te berokken nie.

In teorie moes daar nou al baie statistiese bewyse gewees het van nadelige invloed wat selfone op mense het. Ek het nog nie ‘n definitiewe studie gesien nie. Ek dink die voordele is meer as die nadele van die tegnologie.

Onthou, die 5G wat ons op ons fone en ander goed gaan sien, gebruik dieselfde frekwensie bande as die huidige selfoon/mobiele stelsels..."

____________

Deel met ander belangstellendes

Share by: