Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 19 Mei 2020
Terug na e-Afrikaner

Netwerke vir nou - kursus


Ons bring graag die volgende kursus onder ons lede se aandag aangesien netwerk leierskap deel van die Afrikanerbond se mondering is.  
   
Netwerke vir Nou: Sosiaal Innoverende Samewerkende Leierskap
Ontwerp en Aangebied deur die Skool vir Sosiale Innovasie, Hugenote Kollege
Aanbieders: 
Erwin en Lyzette Schwella, Skool vir Sosiale Innovasie, Hugenote Kollege 

Hierdie kursus het, as een van verskeie doelwitte, ook die doelwit om die inisiatiewe van kerke globaal en plaaslik om deur netwerke met die krisisleierskap wat vir COVID 19 nodig is, te ondersteun. 
Dit is egter nie al doelwit nie. 

Soos wat geld vir leierskapsmodelle en tegnologie wat in krisissituasies vir, byvoorbeeld ‘n oorlog of natuurramp ontwikkel word, kan hierdie leierskapsmodelle en tegnologie ook met groot vrug in “normale” situasies gebruik word.

En gegewe die situasie van ‘n veranderende “normaal”, is netwerkleierskap en tegnologie veral ook standhoudend nodig en bruikbaar om die komplekse uitdagings wat toenemend en deurgaans geld in ‘n komplekse wêreld , met goeie leierskap te dien en te bestuur.
Die program is dus veral nou toepaslik. En ook in die toekoms.

Die toepassing van goeie netwerkleierskap en bestuur tydens die krisis, kan ook die individuele vaardighede en institusionele kapasiteit skep om netwerkleierskap in meer stabiele omstandighede te gebruik. 
Dit kan so bydra om die deurlopende en hardnekkige komplekse samelewingsprobleme, soos armoede, ongelykheid en werkloosheid, wat standhoudende krisisse verteenwoordig, meer volhoubaar te dien met goeie leierskap en bestuur. 

Dit sluit by die ander doelwitte van die program aan. 
Die program vind sodoende aanklank by die siening dat ‘n uitdagende krisis nooit vermors moet word nie en eerder as ‘n geleentheid, veral om daaruit te leer, gebruik kan word.
1. Oorsig van program

1.1. Doel
Die doel met hierdie program is om:
1.1 sosiaal innoverende benaderings vir gedeelde leierskap om met komplekse uitdagings in netwerke te handel, te ontdek en
1.2 om die benaderings in die leiers betrokke se leierskapsgereedskapskas in te pak,
1.3 vir gebruik saam met hulle reeds bestaande leierskapskennis en -vaardighede.

1.2. Doelwitte
Om die doelstelling met die program te bereik, sal die volgende doelwitte nagestreef word:
1.2.1 Die waarneming van en ontleding van die komplekse kontekste waarbinne sosiaal innoverende oplossings vir komplekse probleme gesoek en gebruik kan word deur konteksbegrip en -analise;
1.2.2 Die ontwikkeling en gebruik van ‘n leierskapsraamwerk en strategie om deur samewerkende netwerkmetodes ‘n kultuur, struktuur en dinamika aan te leer en in te oefen om deur netwerke sosiale innovasie te ontdek en gebruik as metode om komplekse probleme aan te pak;
1.2.3 Die skep en deel van ‘n eie netwerkstrategie vir gebruik binne ‘n VUCA wêreld.

1.3. Leeruitkomste

1.3.1 Die leeruitkomste van die program is:

1.3.1.1 ‘n groeiende en verbeterde begrip van die belangrikheid van konteks en die uitdagings wat daaruit voortspruit,
1.3.1.2 die aanleer en gebruik van metodes en tegnieke om hierdie uitdagings met ‘n netwerkbenadering aan te pak;
1.3.1.3 as strategiese leiers op sosiaal innoverende wyses. 

Die Netwerke vir Nou Leierskapskursus aangebied deur die Skool vir Sosiale Innovasie by Hugenote Kollege het deurgaans uitstekende evaluerings van deelnemers gekry.
Die kursuskoste is R 499 per deelnemer met die volgende groepafslag:
• Wanneer 2 deelnemers saam inskryf, is die koste R 799 vir die twee deelnemers.
• Wanneer 3 of meer deelnemers saam inskryf, is die koste per deelnemer R 300 per deelnemer.

Indien u belangstel om as deelnemer te registreer laat vir my weet by deanssi@hugenote.com of vir Ulrike Hanekom by ulrike@civinovus.co.za.
Ons sal dan die nadere detail vir registrasie en die 3 x 2 uur sessies aan diegene van u wat aandui dat u gaan deelneem per kerende pos aan belangstellendes deurgee. 
Die 3 x 2 uur sessies sal vanaf einde Mei tot middel Julie 2020 plaasvind op datums en tye wat deelnemers pas.
Ons verneem graag van u. 

Kyk intussen (dalk weer) na die volgende video oor die kursus by: https://www.youtube.com/watch?v=_fCVmEIpeSE&t=149s 

Prof Erwin Schwella
Dekaan: Skool vir Sosiale Innovasie
Dean: School of Social Innovation
Hugenote Kollege 

Deel met ander belangstellendes

Share by: