Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 24 Mei  2021
Terug na e-Afrikaner

Die Broederbond - Onderhoud met Prof Hermann Giliomee


Die Broederbond 
– Die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond 1918-1994.” 
Deur Prof ELP Stals 
Met voorwoord deur Prof Hermann Giliomee 

In die onderhoud (Verkorte weergawe is op 5 Mei 2021, tydens die boekbekendstelling uitgesaai) praat die historikus Hermann Giliomee, wat ook die voorwoord tot Die Broederbond: Die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond 1918-1994 deur ELP Stals geskryf het, oor ʼn wye reeks kwessies: 
- Die bemagtiging van Afrikaners 
- Die armblanke vraagstuk 
- Afrikaners kwotas en die staat, lesse vir die ANC 
- Afrikaner-Broederbond en apartheid 
- Persepsies oor die Afrikaner-Broederbond en baantjies vir boeties 
- Die einde van afsonderlike ontwikkeling 
- Die Afrikaner-Broederbond en geheimhouding
- Veranderde denke by Afrikaners, die onderhandelinge en die nuwe bedeling 
- Afrikaans en die Universiteit van Stellenbosch 
- Afrikaners, die verlede en  die toekoms 
(Volg die skakel na die onderhoud - sien bo) 

Die openhartige 720 bladsye boek is nou beskikbaar. By die lees van die verhaal oor die Afrikaner-Broederbond in sy geheel, is ʼn mens se gewaarwording dat in baie opsigte die hart van die Afrikaner hier blootgelê word. Dit is moontlik veral aangesien die bronne in ʼn gees van vertroulikheid geskep is en dus in ʼn besondere sin openhartig en onpretensieus van karakter is.

Prof Hermann Giliomee skryf: "Ek reken Stals se manuskrip onder die vier of vyf mees uitstaande historiese werke in Afrikaans
Enige akademiese navorser of persoon wat belangstel in die geskiedenis van die Afrikaner behoort die uitstaande werk van Ernst Stals te bekom.

________________
Vir boekbestellings:           
Die Broederbond 
– Die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond 1918-1994.” 
Deur Prof ELP Stals 
Met voorwoord deur Prof Hermann Giliomee 
 
Lede van die Afrikanerbond en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kan nog direk van ons kantoor af bestel: 

Bestellings vir die boek kan direk by die uitgewer geplaas word 

E-boek bestellings
https://www.kobo.com/za/en/ebook/die-broederbond 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: