Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
Media verklaring - 26 April  2022
Terug na media

Vryheidsdag - 27 April 2022 
- Ons land, ons drome en ideale is gesteel
- Skep 'n nuwe omvattende Vryheidsdag


(Scroll down for English statement) 

Deur Jan Bosman 
Hoofsekretaris van die Afrikanerbond 

Die ANC het die ideaal van Vryheidsdag eiehandig vernietig en die belofte van 1994 gesteel  

Ons vier weer Vryheidsdag, soos elke jaar sedert 1995 op 27 April 1995. Hiermee vier ons die drome en ideale wat vir ons land in die vooruitsig gestel is gedurende die stemtydperk 27 – 29 April 1994.

Die ideaal van Vryheidsdag - 1994 
In die eerste demokratiese verkiesing van 27-29 April 1994 was 22 709 152 kiesers geregistreer en het 19 726 610 oftewel 86,87% kiesers hul stem uitgebring. Die onderlinge goeie gees en gesindheid - in die lang toue in die stede en die plattelande, in die gegoede voorstede en die township - was merkbaar van ʼn onsekere afwagting maar ook bruisende entoesiasme. Suid-Afrika en sy mense het hulself bevry van dekades waarin mense onder ʼn apartheid ideologie van menswaardigheid gestroop is. Die nuwe demokratiese bedeling het die belofte ingehou dat wat verkeerd en onwaardig was, reggemaak sou word. Suid-Afrika die reënboognasie, die wonderwerk het alle geleentheid gehad om in die nuwe bedeling van krag tot krag te gaan. Die onmoontlike het moontlik geword. 

In die proses van die klimaat skep vir onderhandelinge en die deelname aan onderhandelinge het Afrikaners hulself ook bevry van die juk van apartheid en kan ons ons koppe hoog optel. Ons het die foute van die verlede herstel en ons kon die morele hoë grond betreë. Ons regte as minderheidsgroep sowel as ander minderhede se regte is immers gewaarborg in die nuwe Grondwet. As Suid-Afrikaners is ons vandag deel van die internasionale gemeenskap. Dit was die belofte van Vryheidsdag vir Afrikaners 

Nelson Mandela se ideaal vir Vryheidsdag 
Met die eerste Vryheidsdag vieringe op 27 April 1995 sê Pres. Nelson Mandela (vry vertaal uit Engels)   
“Ons het in die Eerste Vryheidsjaar geleer dat daar geen kortpad is om Suid-Afrika die land van ons drome te maak nie.
Dit verg harde werk deur diegene wat met verantwoordelikheidsposisies in die regering toevertrou is.
Dit vereis dat werkers en werkgewers saamwerk om doeltreffend te produseer en met die bestes in die wêreld mee te ding, om gelykheid te bereik en om meer werksgeleenthede te help skep.
Dit verg harde werk van boere en plaaswerkers om die nasie te voed en grondstowwe te verskaf, selfs in die aangesig van teëspoed.
Dit verg harde werk van studente en onderwysers om 'n geletterde, vaardige en geleerde nasie te bou.
Dit verg groter inspanning van ons sportpersone en kunstenaars om altyd die beste vir die land en sy mense te bied.
Dit vra van ons almal, waar ons ook al is, om ons regte as burgers uit te oefen; en doen dit sonder om inbreuk te maak op die regte van ander.
Suid-Afrika is stewig op die pad na vrede en voorspoed. In die gees van Masakhane moet ons as 'n nasie daarna streef om heeltyd beter en selfs beter te doen. Dit is die uitdaging wat ons in die gesig staar wanneer ons die Tweede Vryheidsjaar binnegaan.”

Hiermee het President Nelson Mandela die sosiale akkoord wat in 1994 en voorafgaande onderhandelde skikking ooreengekom is, in 1995 herbevestig. Hiermee kon wit en swart, ryk en arm, Afrikaans of Engels of Xhosa, landelike bewoner of stedeling heelhartig assosieer. Die toekoms was blink. 

Die Apartheidsbeleid van ʼn vorige bedeling moes plek maak vir ʼn grondwetlike demokrasie, ʼn nuwe bedeling wat in die oë van die wêreld net kon presteer. Ons nuwe demokrasie kon gekonsolideer word in die volgende internasionale norme: 
1. ʼn Vrye en sterk burgerlike samelewing.
2. ʼn Outonome “politieke samelewing” met genoegsame “samelewings beheer” oor die strukture van die staat.
3. Alle politieke akteurs is onderworpe aan die oppergesag van die reg wat burgerlike vryhede beskerm.
4. ʼn Deursigtige, verantwoordelike en funksionerende staatsadministrasie.
5. ʼn Gevestigde en geïnstitusionaliseerde ekonomie waarin ʼn mark-ekonomie en die privaatbesit van produksie-faktore prominent figureer.

Die nuwe bedeling neem in 1994 besit van ʼn uitstekende infrastruktuur en ʼn stewig en goed gevestigde, finansiële, industriële, landbou, myn en dienste sektor. Met ons staatsondersteunde entiteite soos Eskom, SAA, Denel, Landbank, Poskantoor en vele meer kon Suid-Afrika met die bestes van die wêreld kompeteer. Dit was ʼn tyd van ekonomiese belofte met groei.  

Hoe ontnugter het Suid-Afrika nie geraak nie?  
Vryheidsdag van 2022 het plek gemaak vir grandiose selfverryking en ongebreidelde korrupsie en magswellus op groot skaal. Die ANC-regering het die infrastruktuur nalatenskap van die Nasionale Party regering verwoes op ʼn ongekende vlak en met onherstelbare gevolge. Dit was die ANC regering en selfsugtige vraatsugtige politici en amptenare wat transformasie voorgehou het onder die dekmantel van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging maar agteraf hulself op ongekende skaal verryk het. ‘n Eens suksesvolle staatsinfrastruktuur is deur wanbestuur, gebrekkige bestuur of doodeenvoudige onbekwaamheid laat verval omdat lojale party kaders in posisies van verantwoordelik geplaas is waarvoor hulle nie opgelei is, nie ervaring het nie maar wel lojaal aan die ANC is. 

Die ANC as meerderheidsparty het geen respek vir die Grondwet nie en het sodoende die nasionale sosiale akkoord afgebreek en vernietig. So is Suid-Afrikaners se ideale en die belofte van die nuwe Suid-Afrika afgetakel en selfs Nelson Mandela se eie droom en doelwitte van Vryheidsdag en dit wat hy daarop gebou het, geruïneer. 

Suid-Afrikaners moet opnuut ʼn nuwe omskrywing van Vryheidsdag skep. 
Op die fondament van mnr Mandela se omskrywing van 1995 kan weer gebou word maar daar is nou ander vereistes. Vryheid behoort in 2022 vir Suid-Afrikaners ʼn dag vry van armoede te wees, vry van misdaad en vryheid van ideologiese beperkinge, reëls en regulasies wat in die pad staan van ongekende ekonomiese groei. Om werklik vry te wees sou beteken dat die ideologiese beperkinge van regstellende aksie en kwotas, transformasie en swart ekonomiese bemagtiging nie in spel sou wees nie. Om werklik vry te wees sou beteken dat die ekonomie gelyke geleenthede bied vir almal en dat meriete, prestasie en talent voorspoed en welvaart vir Suid-Afrika sou beteken het. Om werklik vry te wees, moet Suid-Afrikaners kan staatmaak op dienste soos kragvoorsiening, skoon water, en paaie sonder slaggate, spoorvervoer en toegang tot uitvoere, vryheid beteken ook om sonder administratiewe rompslomp en onbevoegdheid ʼn ID kaart en bestuurderslisensie te kan kry, ʼn paspoort en vuurwapenlisensie. Hierdie is die minimum vereistes wat nodig is vir vryheid vir almal, ook Afrikaners.

Om werklik vry te wees beteken in 2022 dat Suid-Afrika homself ook moet bevry van die huidige verrotte ANC. 

_____________________________________________________
 
By Jan Bosman 
Chief Secretary of the Afrikanerbond 

The ANC has single-handedly destroyed the ideal of Freedom Day and stolen the 1994 promise  

On 27 April we celebrate Freedom Day, as we have every year since 1995. On this day we celebrate the dreams and ideals envisaged for our country during the 27–29 April 1994 elections.

The ideal of Freedom Day – 1994 
The first democratic election of 27–29 April 1994 saw 22 709 152 voters register, and 19 726 610, or 86,87%, cast their ballots. The mutual good spirit and attitude – in the long queues in the cities and the countryside, in affluent suburbs and townships alike – revealed uncertain anticipation, but also bubbling enthusiasm. South Africa and its people had liberated themselves from decades in which people had been stripped of their human dignity under an apartheid ideology. The new democratic dispensation held the promise that what was wrong and indignity would be rectified. South Africa the rainbow nation, the miracle, had every opportunity to go from strength to strength in the new dispensation. The impossible had become possible. 

In the process of creating a climate for negotiations and participation in negotiations, Afrikaners also freed themselves from the yoke of apartheid, and we can hold our heads high. We fixed the mistakes of the past and took the moral high ground. After all, our rights as a minority group as well as the rights of other minorities are guaranteed in the new Constitution. Today, as South Africans, we are part of the international community. This was the promise of Freedom Day for Afrikaners. 

Nelson Mandela's ideal for Freedom Day 
With the first Freedom Day celebrations on April 27, 1995, Pres. Nelson Mandela said: 
“We have learnt over the First Freedom Year that there is no short-cut to making South Africa the country of our dreams.
It requires hard work by those entrusted with positions of responsibility in government.
It demands that workers and employers work together to produce efficiently and compete with the best in the world, to achieve equity and to help create more jobs.
It requires hard work on the part of farmers and farm-workers, to feed the nation and provide raw materials, even in the face of adversity.
It requires hard work by students and teachers to build a literate, skilled and learned nation.
It requires greater exertion by our sports-persons and artists to always offer the best for the country and its people.
It demands of all of us, wherever we may be, to exercise our rights as citizens; and do so without infringing on the rights of others.
South Africa is firmly set on the road to peace and prosperity. In the spirit of Masakhane, we must, as a nation, strive to do better, and even better, all the time. This is the challenge that we face, as we enter the Second Freedom Year.”

With this, President Nelson Mandela reaffirmed the social accord agreed to in 1994 and the previously negotiated settlement. White and black, rich and poor, Afrikaans, English, or Xhosa, rural resident or urbanite; all could relate. The future was bright. 

The apartheid policy of a previous dispensation had to make way for a constitutional democracy, and a new dispensation destined for success in the eyes of the world. Our new democracy could be consolidated in the following international norms: 

1. A free and strong civil society
2. An autonomous “political society” with sufficient “societal control” over the structures of the state
3. All political actors subject to the rule of law that protects civil liberties
4. A transparent, responsible and functioning state administration
5. An established and institutionalised economy in which a market economy and the private ownership of production factors figure prominently.

In 1994, the new dispensation took over an excellent infrastructure as well as solid and well-established financial, industrial, agricultural, mining and services sectors. With our state-supported entities such as Eskom, SAA, Denel, the Landbank, the Post Office and many more, South Africa was able to compete with the best in the world. It was a time of growth and economic promise.

How disillusioned South Africa has become  
In 2022, Freedom Day has given way to grandiose self-enrichment, rampant corruption and large-scale lust for power. The ANC government has destroyed the infrastructure inheritance of the National Party government on an unprecedented level and with irreparable consequences. It was the ANC government and selfish gluttonous politicians and officials who advocated for transformation under the guise of affirmative action and black economic empowerment, but subsequently enriched themselves on a staggering scale. A once successful state infrastructure has been let down by mismanagement, poor governance or downright incompetence because party cadres have been placed in positions of responsibility for which they have neither the training nor the experience, with the only criterion being their loyalty to the ANC. 

The ANC as a majority party has no respect for the Constitution and as a result has broken down and destroyed the national social accord. South Africans' ideals and the promise of a new South Africa have been dismantled, and even Nelson Mandela's own dream and goals for Freedom Day and the legacy he tried to build on that noble foundation lie in ruins. 

South Africans must once again create a new definition of Freedom Day. 
We can rebuild on the foundation of Mr Mandela's definition of 1995, but there are now other requirements. Freedom Day in 2022 should be a day free of poverty for South Africans, free of crime and free of ideological constraints, rules and regulations that stand in the way of economic growth. To be truly free would mean the absence of ideological constraints such as affirmative action and quotas, transformation and black economic empowerment. To be truly free would mean an economy that provides equal opportunities for all and a South Africa in which merit, achievement and talent bring wealth and prosperity. To be truly free, South Africans must be able to rely on services such as power supply, clean water, roads without potholes, rail transport and access to exports, and being able to get an ID card and driver's license, a passport and firearm license without administrative hassle and incompetence. These are the minimum requirements necessary for freedom for all, including Afrikaners.

To be truly free in 2022 means that South Africa must also free itself from the current rotten ANC. 

26 April 2022 
Share by: