Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
e-Afrikaner - 27 Julie 2021
Terug na e-Afrikaner

Lewer kommentaar op Art 25 Grondwetwysiging 


Lewer nou kommentaar  Suid-Afrikaners het nou tot 13 Augustus 2021 geleentheid om kommentaar te lewer op die voorgestelde 18de wysigingswetsontwerp op die Grondwet (om onteiening met nul rand vergoeding vir die doeleindes van grondhervorming duidelik daarin te skryf)


 Volgens Netwerk24 het die ANC het met sy meerderheidstem in die ad hoc komitee die volgende wysigings ingestem, waaroor kommentaar gelewer kan word.

Dit is:
  • Dat waar grond en enige ander verbetering daarop onteien word vir die doel van grondhervorming, die vergoedingsbedrag betaalbaar nul rand mag wees.
  • Dat nasionale wetgewing die toestande moet bepaal waar die vergoedingsbedrag nul rand is.
  • Dat ’n nuwe subafdeling 4A ingevoeg moet word wat aandui dat die staat grond, wat die gedeelde erfenis van alle landsburgers is, moet beskerm
  • Dat subafdeling 5 ingevoeg moet word wat aandui dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls moet instel om dit vir die staat moontlik te maak om voogskap van sekere grond te kry sodat landsburgers toegang tot grond op gelyke grondslag kan kry.

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: