Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com
Media verklaring - 9 September 2023 
Terug na media

Prins Buthelezi - Boodskap van medelye


(Scroll down for English text) 

Boodskap van medelye van die Afrikanerbond met die heengaan van Prins Mangosuthu Buthelezi 
Tradisionele eerste minister van die Zoeloe monarg en van die
Zoeloe nasie en voormalige president van die Inkatha Vryheidsparty

Dit is met groot hartseer wat ons verneem het van die heengaan van Prins Mangosuthu Buthelezi. Namens ons voorsitter, Dries Wiese en die Nasionale Raad van die Afrikanerbond dra ons graag ons opregte simpatie en meegevoel met sy familie en vriende en ook elke Suid-Afrikaner oor. Hiermee ook ons meelewing met die koningsgesin, tradisionele leiers, en die Zoeloe-nasie. 

Prins Mangosuthu Buthelezi was een van die fakkeldraers wat die hoop en verwagtinge van demokratiese Suid-Afrika hoog gehou het. Dit is nou vir elke Suid-Afrikaner om die fakkel van versoening omhoog te hou en die waardes wat Prins Mangosothu Buthelezi tot aan die einde van sy lewe voorgestaan het, te bevorder. 

Die Afrikanerbond het verskeie kere met Prins Mangosuthu Buthelezi kontak gehad in gesprekke by die parlement. Sy merkwaardige groeteboodskap aan die Afrikanerbond met ons Eeufeesviering staan uit. Die uittreksel is vir ons belangrik want dit was die basis van die wedersydse respek “My eie identiteit as ‘n lid van die Zoeloe-nasie het my nog altyd geleer om ander kulture ook te respekteer. Ek weet hoe diep julle, jul tradisies, kultuur en taal ag en hoe hierdie waardes julle identiteit vorm meer as enigiets anders. Ek glo dat hierdie gevoel van ‘n identiteit mag is, nie net vir die Afrikaner-nasie nie maar vir Suid-Afrika as geheel. Dis waar dat ons land ‘n tuiste is wat ons almal deel. Ons verlede is hier. Ons nou is hier en ons toekoms is hier, in die land. Dis hoekom dit dan belangrik is dat ons hande vat om saam oplossings te vind vir al die probleme wat ons in die oë staar, met die wete dat ons bydraes uniek is. Die Afrikaner-nasie het nog altyd probleme getakel met toewyding wat geen gelyke het nie.” Lees die merkwaardige boodskap hier 

Die rol van Prins Mangosuthu Buthelezi in dekades van nasiebou, versoening en pogings tot vrede in geweld geteisterde gebiede kan nie geringgeskat word nie. Sy integriteit, leierskap, wysheid en insigte het hom een van die uitstaande leiers van die oorgang na die nuwe bedeling 1994 gemaak. Vandag amper 30-jaar later eer ons sy nalatenskap. 

Mag hy in vrede rus. 
______________________________________


Message of condolences from the Afrikanerbond on the passing of Prince Mangosuthu Buthelezi -traditional prime minister to the Zulu king, the Zulu nation and former president of the Inkatha Freedom Party

It is with sadness that the Afrikanerbond learned of the passing of Prince Mangosuthu Buthelezi. On behalf of the chairperson of the Afrikanerbond, Dries Wiese and our National Council we convey our sincere sympathy and condolences to his family and friends and also to every South African. We also wish to express our condolences to the royal family, traditional leaders and the Zulu nation.

Prince Mangosuthu Buthelezi was one of the torchbearers representing the hope and aspirations of our democratic South Africa . It is now upon every South African to take the torch and to continue to carry the flames of reconciliation and the values Prince Mangosuthu Buthelezi espoused.  

The Afrikanerbond met several times with Prince Mangosuthu Buthelezi and also had some discussions at Parliament. His remarkable message to the Afrikanerbond at our centenary celebrations stood out as this was the basis for mutual respect: (Translated from Afrikaans) "My own identity as a member of the Zulu nation has always taught me to respect other cultures as well. I know how deeply you hold your traditions, culture, and language, and how these values shape your identity more than anything else. I believe that this sense of identity is powerful, not just for the Afrikaner nation but for South Africa as a whole. It is true that our country is a home we all share. Our past is here. Our present is here, and our future is here, in this land. That's why it is important for us to join hands to find solutions to all the challenges we face, knowing that our contributions are unique. Afrikaners have always tackled problems with unmatched dedication." Read the remarkable message in Afrikaans here. https://online.fliphtml5.com/hwiua/djxp/  


 The role of Prince Mangosuthu Buthelezi in decades of nation-building, reconciliation, and efforts for peace in violence-stricken areas cannot be underestimated. His integrity, leadership, wisdom, and insights have made him one of the outstanding leaders of the transition to the new era in 1994. Today, nearly 30 years later, we honour his legacy.

May he rest in peace. 


Share by: