Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Junie 2022

Kommentaar op skolewet

 

Die Portefeuljekomitee van Basiese Onderwys het 'n uitnodiging aan belanghebbendes en individue gerig om skriftelike kommentaar te lewer op die Konsepwysigingswetsontwerp op onderwyswette (BELAB) Die BELAB bevat voorstelle om die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (SASA), en die Wet op Indiensneming van Opvoeders, 1998 (EEA) te wysig.

 

Die Afrikanerbond het reeds aanvanklik oorsigtelik gereageer op die konsep wetgewing. Die taalbeleid by skole is uitsluitlik 'n skoolbeheerliggaam funksie. Met meer as 80% van skole wat disfunksioneel is, sou dit tog redelik wees om te dink dat die herstel van díe skole 'n prioriteit vir die departement sou wees. 

 

Die Afrikanerbond sal saam met ander organisasies en gemeenskappe werk wat die onsinnige, ondeurdagte en onwerkbare voorstelle van die departement van onderwys sal stuit. Taalimperialisme en verengelsing is NIE die antwoord nie, veral nie in ʼn land met grondwetlike regte wat verleen word aan taal-kultuur- en geloofsgroepe nie.

 

Die Afrikanerbond se konsep kommentaar veral oor die taalkwessie is nou aanlyn beskikbaar. (Sien skakel onder)

 

Insette, voorstelle en kommentaar van afdelings, lede en onderwyskundiges op die Afrikanerbond se konsep kommentaar is welkom voor op 10 Junie 2022. Belanghebbendes se kommentaar moet voor 15 Junie 2022 by die Parlement ingedien word. Stuur gerus ook insette na kommentaar@abond.co.za

 

-      Lees die Afrikanerbond se konsep kommentaar  (volg die skakel)

 

-     Volg die skakel na die konsepwetgewing, die aanvanklike kommentaar en ook die lys van die wetsontwerp se voorgestelde wysigings 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: