Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

        April 2024

Biddag vir gesinne - 12 Mei 2024

 

Ons het die volgende skrywe vanaf Die Dameskring ontvang;

 

 Daar word bereken dat net een derde van die kinders in Suid-Afrika in ʼn gesin met albei biologiese ouers grootword. Dit is verbysterend om te dink hoeveel van die ongeveer 18 miljoen kinders in ons land hierdeur geraak word. Ons ervaar geweldsmisdaad, armoede, gebrekkige skoolopleiding en onder-prestasie as probleme. Een van die belangrikste faktore wat hiertoe bydra, is die verbrokkeling van die gesin.

 

Juis daarom heg Die Dameskring groot waarde aan die doelstelling: die behoud en versterking van die gesin. Sedert 2019 word ’n Biddag vir Gesinne jaarliks aangebied as een van die nasionale projekte van Die Dameskring. Die Dameskring sou graag die Christengemeenskap in Suid-Afrika wou inspireer om weer in 2024 saam te kom om by ’n spesiale geleentheid te bid vir kerngesonde gesinne wat geestelike en morele waardes uitleef. Dit sal wonderlik wees as hierdie geleentheid jaarliks deel van gemeentekalenders word. Die Biddag vir gesinne, geïnisieer deur die Uitvoerende Bestuur van Die Dameskring, vind plaas op 12 Mei 2024.

 

Lees meer oor die versoek en die doelstellings vir die Nasionale Biddag vir Gesinne.

https://online.fliphtml5.com/hwiua/avmn/  

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: