Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Augustus 2022

Bondsraad 2022 (15 en 16 September 2022) Afrikaners - Brugbouers na die toekoms


Lede het op 14 Julie 2022 kennis en inligting ontvang oor die Bondsraad wat 15 EN 16 September 2022 by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou sal word 

 

Na twee jaar van inperking is dit ʼn besondere voorreg om in die 104e bestaansjaar van ons organisasie weer ʼn Bondsraad te kan hou. 

 

Sedert die Bondsraad van 2018 waarin ons Eeufeesjaar tydens ʼn besondere geleentheid gehou is, het soveel dinge op verskillende terreine gebeur en is die Bondsraad die ideale geleentheid om te besin, saam te praat en te beplan. Daarom nooi ons u graag na die Bondsraad (Algemene Nasionale Vergadering van die Afrikanerbond) met die tema Afrikaners - Brugbouers na die toekoms. 

 

Soos by vorige geleenthede wil ons verseker dat ons indringende gesprek kan voer oor ons posisionering vir die toekoms. Tydens die geleenheid wil ons die vaandel van die Afrikaner omhoog hou, die belange van die Afrikaner ten volle dien en die nuwe uitdagings op ons pad suksesvol aanspreek. Elke lid, betrokke by afdelings en buitelede, asook afgetrede lede, word dus hiermee hartlik genooi om die Bondsraad by te woon:

Donderdag 15 September 2022 om 18:00 Opening en die Kaas en wyn geleentheid (Senotaafsaal in die Voortrekkermonument)

Vrydag 16 September 2022 begin die Bondsraad om 08:30—17:00 By die Krugergalery (Voortrekkermonument)

 

 - U kan registreer vir deelname by die volgende skakel  - Volg die interne skakel om te registreer


Lede wat die Bondsraad fisies gaan bywoon word genooi om tyd in te ruim die Donderdag voor die opening om die nuwe museum en uitstalling onder die Senotaafsaal by Die Voortrekkermonument te besoek met die tema “Vrijheidsreis.” Lede wat nie die uitnodiging met meer inligting ontvang het nie is welkom om die kantoor te kontak. 

Kontak: Die Eike

Tel: 011 782-8569   E-pos: ledesake@abond.co.za     

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: