Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Oktober 2022

Bondsraad 2022 - 'n Oorsig


Die program van die Bondsraad 2022 is saamgestel binne die tema Afrikaner: - brugbouers na die toekoms. Op die program is ʼn tyd in die voorlaaste sessie van die dag vir Andries Domburg gegee om ʼn samevatting te maak van die dag se besprekinge en het hy soos volg aan die Bondsraadgangers gerapporteer.

 

Vanuit sessie – met voorsitter Dries Wiese se aanbieding oor die Werkswyse van die Afrikanerbond is die werkwyse toegelig met uitkringende sirkels met die middel die begronding van die Afrikanerbond in ons God-Drie-Enig en hieruit spruit die nasionale en eie belang wat in balans met mekaar gestel word. Die kern van die AB is die lede en kundigheid en moet ons fokus op die hervestiging van strukture waarbinne lede tot hulle reg kan kom.

 

Uitkringend in die aanbieding is die fokus op die interne AB, die lede en strukture, dan ons fokus op Afrikaners en ons eie belange, dan die Afrikaanse Taalgemeenskap, die breër belang in die Suid-Afrikaanse gemeenskap en dan moet ons nie nalaat om die Afrikaners in diaspora te betrek nie.

 

Die volgende sleutelopmerkings is in Dries Wiese se aanbieding uitgelig:

  • Ons kan met erns bepaal wat die saak van die Afrikaner is.
  • Daardeur kan ons ons waarde-aanbod verhoog.
  • Deur deurlopende omgewingsverkennings kan ons die uitdagings verstaan en daarop reageer.
  • Ons Christen-Demokratiese werkswyse vestig die Waardes waaruit ons funksioneer.
  • In die eie belang moet ons van nuuts af fokus op Afrikaner outonomie in al sy manifestasies.
  • Bevorder die Afrikaanse Taalgemeenskap deur ons betrokkenheid by die Afrikaanse Taalraad, die Rapport Onderwysfonds en die bevordering van moedertaalonderwys.
  • In balans met die eie belang bevorder ons ook die Nasionale Belang want ons is deel van Suid-Afrika en ons deel soveel belange met ander Suid-Afrikaners.
  • Moet nie Afrikaners in die buiteland vergeet nie. Ons kan en moet hulle betrek in netwerke en die verspreiding van inligting.
  • Deur dit alles kan ons die brugbouer wees na alle gemeenskappe en dra ons die boodskap van “Geloof, Hoop en Liefde.”

 

In die algemene gesprek doen hy ‘n beroep op broers om hulself opnuut te verbind tot:

  • Finansiële steun aan die CDW Fonds.
  • Ons moet nie agter vertroulikheid skuil om nie iets te doen nie – kom in die oopte.
  • Die beginsel van die uitkringende konsentriese sirkels word aanvaar en word afdelings genooi om dit te bespreek. Ons kan nuwe kwessies soos die omgewing byvoeg en ook prioritiseer.
  • In ons fokus op aktuele kwessies moet ons kundigheid van lede betrek en sal dit ook tot gevolg hê dat ons die AB se bestuurstruktuur meer uitvoerend en binne portefeuljes moet rig.
  • Die disinformasie wat rondom die AB bestaan uit te bestuur en dit doen ons deur feite en inligting op die tafel te plaas.  

 

In sy opsomming en waarneming van die gesprek bevestig Andries Domburg dat die ledevergadering (Bondsraad) die volgende aanvaar:

  • Ons aanvaar die beginsel van die uitkringende konsentriese sirkels en die uitdagings wat dit bied en waar moontlik met nuwe uitdagings wat ons prioritiseer.
  • Herstruktureer die AB se bestuurstruktuur na ʼn uitvoerende raad met portefeuljes wat lede se kundigheid betrek.
  • Gaan voort met die hantering van wanpersepsies deur bemaking.
  • Inisieer aksies om die CDW Fonds se finansiële magsbasis uit te brei.
  • Bou die verhoudingslewe met jongmense en die algemene burgery uit.
  • Bou brûe met kerke.
  • Doen sake met mekaar – Projek Kareebos. Hieroor sallater meer inligting aan lede gesirkuleer word.  

 

Volg Dries Wiese se aanbieding: https://youtu.be/f7xksjHWcwI

 

Vanuit sessie 2 met Louis du Plessis was sy fokus op die Afrikanerbond - Projek Vergrootglas.

 

Uit sy voorlegging word die volgende sleutelopmerking gehaal:

  • Konsentreer die ledebelang en konsentreer (Fokus) die aktiwiteite
  • Brei die ledebelang uit.
  • Gebruik alle media/degitale platforms beskikbaar om die boodskap te dra.

 

As Ledevergadering (Bondsraad) aanvaar ons die volgende:

  • Konsentreer en Fokus ledebelang en aktiwiteite
  • Brei ledebelang uit – deel van bemarkingsaksie
  • Digitaliseer die bemarkingsplatforms waarop die AB homself en sy aksies kan bemark

 

Volg Louis du Plessis se aanbieding https://youtu.be/WNIKSw13v8A

 

In sessie 3 het ons geluister na Connie Mulder van die Solidariteit Navorsingsinstituut wat ons voorgelig het oor die Afrikaanse gemeenskap – Demografiese tendense.

 

Uit sy voorlegging word die volgende sleutelopmerkings gehaal:

Uit die Demografiese studie wat deur Solidariteit opgestel en instandgehou word, blyk die volgende:

  • Daar bestaan duidelike konsentrasies van Afrikaanse gemeenskappe in Suid-Afrika – neem kennis hiervan en beplan daarvolgens.
  • Fokus op hierdie plekke wanneer die belang gedra en strategiese besluite geneem moet word.
  • Jong mense wil in Suid-Afrika bly.
  • Daar is steeds ‘n beduidende (groot genoeg) groep Afrikaners in Suid- Afrika om ‘n verskil te kan maak – 7,7miljoen.
  • Neem deel aan die “resies” om ‘n goeddeurdagte waardeaanbod te bly lewer.

 Volg Connie Mulder se aanbieding https://youtu.be/qLdfHRGGUWo

 

Pieter Vorster het in sessie 4 gepraat oor die Besorgde Burgers-inisiatief. Uit sy voorlegging word die volgende sleutelopmerkings gehaal:

  • Die tyd is ryp vir die grootste politieke en staatkundige verskuiwing/uitdagings van ons tyd.
  • Die Grondwet is ons Vryheidsmanifes!
  • Ons weet wat is ons Eie Belang.
  • Ons moet die Gedeelde Belang bepaal.
  • Balans moet verkry word.
  • Indien die Gedeelde belang versteur word soos wat tans die geval is moet opgetree word.

 

Die Besorgde Suid-Afrikaanse Burgers betrek die beduidende Suid-Afrikaners en moet ons voortgaan om hulle te identifiseer moet bepaal word.

  • Die beduidendes fokus op hulle sake, en mag onbetrokke voorkom. Dit is egter nie die geval nie. Hulle is beslis nie onbekend met sake en toestande nie
  • “Ons mense” smag na wit-en swart leiers met ‘n Gedeelde Belang en Visie. Vanuit die beduidendes moet ʼn groep van 30 wyse manne/vroue (leiersgroep) saamgestel word en wat leiding kan gee aan ʼn burgerlike koalisie.
  • Die Aanhef tot die Grondwet moet die drywer wees en daar is nie plek vir “ismes” nie.
  • Die Christen-Demokratiese Beginsels moet bepalend in die begronding
  • Die stryd tussen LIG en DUISTER duur voort

 

As Ledevergadering (Bondsraad) aanvaar ons die volgende:

  • Ons steek ons hand saam met die Besorgde Burgers hiervoor op.
  • Ons aanvaar die verantwoordelikhede wat hiermee gepaard gaan.
  • Ons wil graag hierdie uitdaging aanvaar.
  • Ons sien uit na die Geesvervulde Burgerlike Koalisie se werksaamhede

 Volg Pieter Vorster se aanbieding: https://youtu.be/qLdfHRGGUWo

 

 Volg Andries Domburg se volledige samevatting van die aksies en besprekinge in die eerste aantal sessies van die Bondsraad van 16 September 2022 https://youtu.be/CPj8ciUKxX8

 

Die Voortrekkermonument - Kultuurtuiste van die Afrikaner

 

Na afloop van die Bondsraad by die Voortrekkermonument, skryf Pieter Vorster (Ondervoorsitter van die Nasionale Raad) soos volg: 

 

My belewenis van die Voortrekkermonument tydens die afgelope Bondsraad van die Afrikanerbond, het my diep onder die indruk gebring van hóé onbetwisbaar dit die Afrikaner se verbondenheid aan hierdie land bevestig. Dit is inderdaad die Afrikaner se kultuurvesting.

 

Dit is verewig in die woorde op die senotaaf "Ons vir jou Suid-Afrika".

 

Dit impliseer ondubbelsinnig die Afrikaner se eie identiteit, geskiedenis, kultuur en belange in hul land waarvoor hulle met hulle bloed, kundigheid en patriotisme betaal het. Die Afrikaner se liefde vir sy land kan opgesom word deur die Latynse uitdrukking "Pro Patria".

 

In hierdie tyd wat as die grootste oorgang in ons land se geskiedenis beskou kan word, is dit belangrik om ons strewe na kulturele vryheid op so 'n wyse uit te druk dat ons steeds die morele hoë grond kan behou. Dit doen ons deur ons lotsgebondenheid met ons land en sy mense te bevestig deur in almal se belang, die staat/res publica/republiek (...vir jou Suid-Afrika) in stand te hou en te beskerm.

 

Ons het almal die besef dat gemeenskaplike belange, aansluitende samewerking, gedeelde waardes by en in die Voortrekkermonument vergestalt kan word eerder as om "eenheid", futiel, organisatories na te streef.

 

Die samebindende krag van die Voortrekkermonument moet ingespan word om Afrikaners opnuut bewus te maak van hulle gevestigde reg om hul kulturele vryheid op te eis. Die Voortrekkermonument is nie net die Afrikaner se kultuurtuiste nie maar ook die simbool van sy vryheidsideaal.

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: