Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Oktober 2022

Mentorvennoot - Deelname en verslag

 

Die bestuur van die AB Wes-Kaap het tydens sy vergadering op 3 September die verval van Wes Kaap se dorpe bespreek. In die debat is daar sterk klem gelê op die uitsonderlike geleentheid wat dit bied vir die AB om die inisiatief te neem tot voordeel van alle gemeenskappe. Hierdie geleentheid word geskep uit die vakuum wat gebrekkige plaaslike bestuur laat weens onkunde/onvermoë/politieke onverdraagsaamheid en of watter rede ook al.

 

Die Wes-Kaap se Besluit was:

 

“Die vergadering bespreek die kommerwekkende verval van die platteland en neem kennis van voorbeelde waar inwoners die verantwoordelikheid op hul eie skouers geneem het en met groot sukses rehabilitasie programme geloots het. Voorbeelde soos Kroonstad, Coligny en ander dorpe, is reeds wyd in die media gerapporteer.

 

Die vergadering is van mening dat die AB aktief kan meewerk deur bestaande-, rustende en buite-lede asook ander medewerkers te aktiveer om soortgelyke programme in hulle gemeenskappe te loods. Hierdie inisiatief/inisiatiewe moet gemik wees op die saambinding van gemeenskappe buite politieke verbande.

 

Die vergadering besluit om die kantoor te versoek om in die maandelikse nuusbrief ‘n rubriek te skep wat op die positiewe denke van lede en medewerkers aanspraak maak in ‘n poging om oplossings te vind in plaas van om ‘n lys probleme saam te stel.”

 

So ʼn rubriek kan fokus op die positiewe denke van lede en medewerkers in ‘n poging om oplossings te vind in plaas van om ‘n lys probleme saam te stel en kan ook weer deel word van die AB In Aksie. Daar is verskillende voorbeelde vir betrokkenheid. Klein projekte kan insluit: Slaggate opvul, Vullisverwydering van onwettige storting wat kan lei tot werkskepping. Medium projekte kan insluit hulp by skole met onvoldoende klaskamers en bystand te verleen met die tekort aan gekwalifiseerde onderwysers. Ook in die geval kan werkskepping plaasvind. Die groter projekte kan insluit elektrisiteits- en watervoorsiening.

 

Wenke vir optrede kan insluit ʼn lys van kundiges wat reeds suksesvol aksies geloods het. Stel ʼn eenvoudige handleiding of lys met wenke saam, rapporteer maandeliks suksesverhale. Waar nuwe aksies geloods word kan daar eers bespreking gevoer word oor die vraag hoe alle belangegroepe en partye om dieselfde tafel gebring word? Wat is die rol van die AB in die proses en wie is die rolspelers wat betrokke moet wees en watter aksies rondom  befondsing moontlik is? Daarna word aksievoorstelle geformuleer en dan uitgevoer.

 

Nico Stofberg

Sekretaris: AB Wes-Kaap

 

Ons hoor graag van lede en afdelings se betrokkenheid en deelname in die plaaslike gemeenskappe.  Stuur gerus voorstelle na kommentaar@abond.co.za

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: