Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Desember 2022

Diversiteitsopleiding by Hoërskool Vishoek

Deur Bertus Steenkamp

 

Die ouers en gemeenskap in die verre suide van die Weskaap is ontsteld oor die Diversiteitskursus was by die Hoërskool Vishoek aangebied was. Die skool is ‘n dubbelmedium skool met wit, bruin en swart kinders wat werklik goed oor die weg kom. Die kursus volg op ‘n onderwyseres wat in Mei 2022 tydens bespreking van ‘n Afrikaanse voorgeskrewe boek gepoog het om die K-woord soos wat in die boek voorkom, in perspektief te stel. Sy was geskors, maar in ‘n onafhanklike ondersoek is sy onskuldig bevind. Sy het egter nie teruggekeer skool toe nie.

(Yolande Du Preez/www.falsebayecho.co.za)

 

Om die kinders verder in te lig, het die WKOD (Wes Kaapse Onderwys Departement) besluit om ‘n Diversiteitskursus by die skool aan te bied. Die ouers is op 28 Oktober per brief ingelig dat hierdie opleiding deur “intersectionality, racism and discrimination within the school” aangespreek sal word. Yolande Du Preez/www.falsebayecho.co.za Die diversiteitskonsultant, Asanda Ngoasheng en enkele sielkundiges het hierdie kursus vir 800 skoliere van graad 8 tot 11 aangebied. Om neutraliteit te verseker is nie die skoolhoof of enige onderwyser is by die kursus toegelaat nie. Asanda Ngoasheng het aan begin duidelik gemaak dat geen selfoonopnames toegelaat sal word nie, tog het enkele opnames na vore gekom.  ‘n Dogter het die saal verlaat om badkamer toe te gaan en toe onderwyser ingelig wat aangaan, maar steeds is die onderwyser nie toegelaat nie. Wynand Boshoff, VF Plus Nuusbrief

 

Ter agtergrond.  - Asanda Ngoasheng beskryf haarself as ‘n spreker, ‘n diversiteitsgespreksleier, politieke ontleder en akademikus.  In ‘n artikel Debunking the Apartheid Spatial Grid: Developing a Socially Just Architecture Curriculum at a University of Technology, kom sy tot die gevolgtrekking dat “apartheid made multiculturalism impossible, as it broke down people’s identities into two main categories, white and black, with coloured and so-called Indian categories as the buffer in the middle.” (https://journals.sagepub.com/doi/full/10.1177/0021909620946856)

 

Na gesprekke met van die skoliere kom Yolande du Preez tot die gevolgtrekking dat die eerste gedeelte van die kursus aanvaarbaar was, maar van die skoliere het ontsteld geraak toe die aanbieder aanvoer “reverse racism does not exist and only white people can be racist.” Sy het uitgebrei dat “black people can be mean, they can be cruel, they can be nasty, but they can never be racist against white people. When you talk about an incident that you’ve had with a white person, when the black person was the perpetrator, that is a valid experience, but know it is not racism…. racism requires power. We would need 400 years of oppressing white people.” Yolande Du Preez/ www.falsebayecho.co.za Suid-Afrikaners met ‘n ligter velkleur, maar nie wit nie "are not as badly affected by racism.” ‘n Skolier het gevra wat dan van plaasmoorde, maar  plaasmoorde is volgens Asanda Ngoasheng nie rassisme nie.

 

Sy het nog een stap verder gegaan en aangehaal uit ‘n gedig, Water deur Kolela Putuma. Hy beskryf Jesus “as blue-eyed and blond, and bowing to a white patriarchal heaven… the disciples could have been queer and the Holy Trinity some weird love triangle and the Holy Ghost transgender.” En …dit vir kinders van 14-16 jaar wat verskillende gelowe aanhang. 

 

Dit word algemeen aanvaar dat die kinders in hierdie skool werklik met mekaar goed oor die weg kom – hulle weerspieël die gemeenskap in die Suid-Kaap. Rassisme is ‘n politieke speelbal, maar kom oortuig uself van hierdie multi-kulturele samelewing.  Die WKOD het op versoek van die skoolhoof die opleiding gestaak en die LUR vir Onderwys, David Maynier het in ‘n verklaring gesê dat hy gaan die beleid vir die aanstelling van buite konsultante hersien en ondersoek doen om aanspreeklikheid te bepaal. Yolande Du Preez/www.falsebayecho.co.za Maar tog het sy departement die aanbieding goedgekeur en Asanda Ngoasheng aangewys.

 

Intussen het aan die lig gekom dat Free Speech of South Africa (FSU) reeds op 4 Julie in ‘n brief aan LUR vir Onderwys, mnr David Maynier en sy adjunk mnr Baxolile Nodada van WKOD gerig het om hul kommer uit te spreek oor hierdie program. (VF+ Nuusbrief, Nov 2022). Na die aanbieding het mnr Johann Kikilus, Direkteur van Soteria Ministries aangebied om ‘n alternatiewe aanbieding te doen.

 

Van die kinders was werklik erg getraumatiseer en die ouers soek antwoorde. ‘n Ouer van ‘n graad 10 leerling wil weet, hoe is die materiaal nagegaan (vetted) en of die aanbieder, se agtergrond en materiaal nagegaan is. Hy is erg ontsteld en vervolg “a brief glimpse of her social media pages reveals her to be a radical ideologue, obsessed with power, sex and race. No intelligent person would see her fit to address anyone on diversity, let alone kids at school.”

 

Die skoolhoof het, te verstane, alle navrae na die WKOD verwys en Asanda Ngoasheng het nie op  navrae gereageer nie. Tog het sy ‘n insiggewende inskrywing op ‘n Fecebook blad gemaak en kom tot die gevolgtrekking dat die waarheid met pyn gepaard gaan, “we have to have conversations to be able to move beyond the pain into healing. We cannot bury our heads in the sand. Racism is exists and being experienced by people of colour all over South Africa.”  

(Yolande Du Preez/www.falsebayecho.co.za)

 

Bogenoemde artikel/berig is nie om te beoordeel of dit reg of verkeerd is nie, maar om die trauma wat jong mense in hul vormingsjare moet deurgaan met die sogenaamde diversiteitsopleiding is nie aanvaarbaar nie. Ek is van mening hierdie debat moet op die politieke terrein uitgewoed word, maar om dit aan jongmense in vormingsjare aan te bied, is nie aanvaarbaar nie.  

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: