Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Maart 2022

Gauteng-Noord byeenkoms by die Voortrekkermonument - 21 Maart 2022 


Gebiedsbyeenkoms van die AB in GGN (Pretoria en Centurion) Gebied Gauteng-Noord nooi alle lede en ere-lede van die gebied om die Gebiedsbyeenkoms op Maandag 21 Maart 2022 by die Voortrekkermonument by te woon. Dit sal die eerste byeenkoms wees waar ons in persoon gaan ontmoet sedert die grendel inperkings in 2020 afgekondig is.

 

Sprekers wat by die geleentheid gaan optree sluit in Ds. Cassie Aucamp namens die direksie van die Voortrekkermonument, Danie Langer – Uitvoerende Direkteur van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting.

 

Die geleentheid begin om 17:00 en sluit ‘n begeleide toer deur die Voortrekkermonument in en word afgesluit met ‘n Kaas en Wyn in die Monument. Kostes is R20 per voertuig.

Gades is welkom om die geleentheid by te woon.

 

Getalle is belangrik, daarom versoek ons bespreking by die sekretaris voor of op 7 Maart 2022. Stuur ‘n epos aan chrisvem@gmail.com of laat ‘n WhatsApp boodskap op 082 897 2766.

Doen dit sommer nou en teken dit in u dagboek aan.

 

Groete,

 

Chris Vermeulen

GEBIEDSEKRETARIS, AB, GEBIED GAUTENG-NOORD.

Ek wil die VTM Byeenkoms bywoon

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: