Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Junie 2022

AB Gauteng-Noord Gebiedsbyeenkoms

 

Op Saterdag 28 Mei 2022 het lede van Gauteng-Noord by die Gereformeerde Gemeente in Innesdal, Pretoria byeengekom om onder andere te luister na Dries Wiese, voorsitter van die Nasionale Raad en die pad vorentoe vir die Afrikanerbond. Die aanbieding het besondere interaksie en bespreking tot gevolg gehad. Ander provinsiale byeenkomste met die oog op die Bondsraad volg in die komende maande.

 

Br Karel Tredoux wat tot hede die sekundus-lid van Gauteng-Noord was, is aangewys as lid van die Nasionale Raad. Dit is gedoen om die vakature te vul van Br Phillip Nel wat op 21 April 2022 oorlede is.

 

Tydens die geleentheid is twee spesiale erkennings ook aan twee besondere Broers oorhandig vir hulle onbaatsugtige diens en aktiewe leiding in Gauteng-Noord. Br Dries du Toit het erkenning ontvang vir die bevordering van die Afrikanerbond in die gebied en administratiewe leierskap. Die oorkonde aan Br Avril Malan vir Afrikaans en leierskap sal by ʼn latere geleentheid aan hom oorhandig en is in ontvangs geneem deur Br Johann van der Walt voorsitter van sy afdeling. 

 

By die geleentheid het Br Karel Tredoux ook ʼn besondere leergebinde stel boeke deur Gustav Preller wat in 1988 as deel van beperkte en genommerde oplaag van 300 boeke aan Die Eike geskenk. Die boeke kom uit die versameling van Jacques Francois Rossouw wat op 3 Desember 2019 oorlede is, en is geskenk deur sy vrou Louise. Die boeke sluit in Voortrekkermense dele I-IV, Voortrekkers van Suid-Wes, Voortrekkerwetgewing, Piet Retief, Andries Pretorius en die dagboek van Louis Trichardt in. ʼn Leergebinde kopie van The Great Boer War deur Sir Arthur Conan Doyle, is ook deel van die versameling. Die besondere versameling boeke sal veilig uitgestal word by Die Eike. 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: