Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Junie 2022

Gauteng-Suid- Gebiedsbyeenkoms – Donderdag 16 Junie 2022

 

WELKOM IN RANDBURG OP JEUGDAG: 16 JUNIE 2022!

 

Uiteindelik kuier Afrikanerbondlede van Gauteng-Suid – ná die viruspandemie – weer oral saam, soos in Randburg op Jeugdag, Donderdag 16 Junie 2022, vanaf halftien (09:30) tot eenuur (13:00). Ook ander AB-lede wat in die omgewing is, is welkom om deel te neem.

 

Waar? By die NG Kerksaal Randburg – hoek van Dover en Vine, in Ferndale:

GPS 26°05'13.1"S 27°59'31.3"O – teen R100 per persoon – betaalbaar by registrasie.

 

Die saamtrek sluit verskeie belangwekkende items in.

  • Omdat ons die AB se beginsels wil bevestig, sal ons open met ʼn gebed en die erekode.
  • Omdat die AB vasberade vorentoe beweeg, sal die bondsvoorsitter Dries Wiese praat oor die probleme, uitdagings en ideale wat Afrikaners tans ervaar. Wat 'n voorreg dat hy ons besoek!
  • Omdat die AB landwyd herorganiseer, kies die gebied 'n bestuur vir die volgende termyn, voor ons koffie en smaaklike beskuit wegslaan. Stuur solank name van kandidate!
  • Omdat die AB uiteenlopende belange saamsnoer, sal die gevierde skrywer Albert Blake nou historiese voorbeelde ontleed van verdeeldheid, stryd én eenheid onder Afrikaners.
  • Omdat die AB indringende debat steun, sal daar ruim tyd wees vir vrae en opmerkings, standpunte en bespreking.
  • Omdat daar reeds wye belangstelling bestaan vir Dries Wiese en Albert Blake, kan AB-lede meer as een gas saambring.
  • En omdat ons gesellig wil saam kuier, sal die plaaslike Afdeling Olievenhoutpoort genoeg koffie en beskuit, drankies en versnaperings, voorsien.


Sal elke lid wat wil bywoon, asseblief so gaaf wees om so gou moontlik, vóór Maandag 13 Junie 2022, die afdelingsvoorsitter Estelle Visser te laat weet by estellev@absamail.co.za of 082 572 1462. 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: