Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

        April 2024

Energie-opwekking in die RSA

-       ’n gemeenskapsperspektief

 

Verkorte oorsig van ʼn aanbieding deur Nico Stofberg

NR Lid Wes-Kaap tydens ‘n AB Ontbyt byeenkoms by die KKNK

Woensdag 27 Maart 2024 - Oudtshoorn

 

Agtergrond;

 

Afrikaners is ʼn inheemse kultuurgemeenskap en waar sy geskiedenis gewortel is. Die Afrikaner wil daarom hier  werk vir ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms aan die suidpunt van Afrika.

 

Die Afrikaner wil in ʼn gees van wedersydse erkenning en respek met ander gemeenskappe in Suid-Afrika praat en werk om oplossings te kry vir die veelvuldige behoeftes en uitdagings wat die gemeenskappe se toekoms bedreig.

 

In hierdie strewe wil die Afrikaner ook graag ʼn bydrae lewer tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Afrika.

 

’n Gemeenskapsperspektief

 

Die Roeping van die Afrikanerbond setel in wat Afrikaners benodig om blywend vry, veilig en voorspoedig saam met ander gemeenskappe in Suid-Afrika te kan leef.

 

Om hierdie roeping uit te leef sal daar ‘n volhoubare bydrae gemaak moet word tot die welstand van ander/alle gemeenskappe aan die suidpunt van Afrika.

 

Daarom is ons visie dat die Suider Afrikaanse Gemeenskap ʼn normale samelewing benodig waardeur ʼn voorspoedige toekoms vir almal verseker kan word.

 

Die Afrikanerbond het uit die voorafgaande die volgende vyf kern-uitgangspunte geformuleer om as riglyn te dien vir die organisasies.

 

  • Afrikaners is ʼn inheemse kultuurgemeenskap en verbind aan Afrika
  • Ons wil hier bly en bydra tot die welstand van die land en al sy mense
  • Samewerking is in die belang van almal se vryheid, veiligheid en voorspoed
  • Ons bou om te bly
  • Ekonomiese bemagtiging

 

In die lig van hierdie uitgangspunte het die Afrikanerbond van die Wes-Kaap op ‘n Provinsiale Beraad in 2023 sy bestuur opdrag gegee om aktief betrokke te raak by die fasilitering en of aksies in die Wes-Kaap om die welvaart uit te bou. Ten einde dit reg te kry moes ons betrokke raak op Plaaslike, Provinsiale en of Nasionale vlak by strategiese behoeftes wat stremmend in werk op die welvaart van alle gemeenskappe. In die Interne debat het die organisasies primêre fokus areas gelys as:

  • Energie verskaffing,
  • Watervoorsiening
  • Behuising
  • Arbeidskepping

 

Uit die primêre fokus areas is daar besluit om op die energie verskaffing te fokus as die basis van die ekonomiese krisis wat tans in die land ervaar word. In figuur 1 hieronder is die rol van energie uitgebeeld as die kern-behoefte om ekonomiese groei te aktiveer. Die Energie-spiraal illustreer die sekondêre en tersiêre winste wat opgesluit lê in die beskikbaarheid van energie. Anders gesien: Die gebrek aan ontwikkeling in die afwesigheid van volhoubare energie.

 

Die beste voorbeeld van die ekonomiese inspuiting in die ekonomie van ‘n gemeenskap kan gekry word uit die suksesverhaal in Frankfort in die Vrystaat.  Die surplus energie uit die privaat opwekking in die gemeenskap in die dorp se netwerk “ingepomp”. Hierdie energie beskikbaarheid het ‘n enorme ekonomiese groei in die dorp geskep op alle vlakke. Vestiging van nuwe nywerhede, opbloei van bestaande nywerhede, ontwikkeling van die sake sektor, behuising, pryse van eiendom en legio ander.

 

Volhoubare energie vir Suid-Afrika

 

Die realiteit in Suid Afrika is dat nywerhede en huishoudings volhoubare elektriese toevoer benodig in 'n toenemend onstabiele energie-klimaat. Prys, beskikbaarheid en die impak op die omgewing van fossielbrandstowwe het 'n behoefte geskep vir skoon en betroubare modulêre energie-opwekking.

 

Die enorme bevolkingsgroei het die kollig geplaas op verouderende energie-infrastruktuur en die behoefte om skoon energie te lewer. Ekonomiese- en tegnologiese groei is afhanklik van betroubare energie-opwekking.

 

Sentrums van Uitnemendheid in ingenieurswese, konstruksie en projekbestuur word benodig tydens die energie-oorgang. Die onstabiliteit van energie-verskaffing het reeds ernstige verliese van geskoolde en vaardighede in die nywerhede tot gevolg gehad. Spesialiskundigheid het die land verlaat om elders heenkomes te vind. Hierdie verliese word ervaar van hoogsgeskoolde tot laaggeskoolde handvaardighede op die bedryfsvloer.

 

Werksgeleenthede en vaardigheidsgroei is 'n noodsaaklikheid vir stabiliteit en voorspoed.   Figuur 1  (Sien onder)   

 

Steenkool-kragstasies

Die tradisionele steenkool kragstasies is wyd bekend en die lewenssiklus van die kragstasies is beperk. Die voortbestaan van hierdie kragstasies is toenemend onder druk en die beskikbaarheid van brandstof asook die vrystelling van ongewensde gasse plaas ekstra druk op hul voortbestaan.

Dit is wyd bekend vir die gebrek aan betroubare energie lewering die afgelope dekade. Suid-Afrika het ‘n ernstige behoefte aan volhoubare basis-krag wat 24 uur 7 dae per week beskikbaar is. In die lig hiervan kyk ons na alternatiewe volhoubare bronne om die basis-energie te verskaf.

 

Son-Spieëlverhitting

Daar is tans 51 Son-sel sonplase wat energie invoer in die Suid Afrikaanse energie-netwerk volgens die Departement van Minerale- en Energie Sake (Oktober 2023)

Hierdie onafhanklike (Privaat) aanlegte bied ‘n verskeidenheid van energie volumes en varieer van 5 MegaWatt tot soveel as 175 Mega Watt met ‘n gesamentlike maksimum uitset van 2700 MegaWatt. Hierdie opwekking vergelyk goed met die produksie van een kragstasie soos Madupi en Arnot wat plus\minus 2000 Mega-Watt kan lewer as al die turbines inwerking is.

 

Son-Energie is ‘n gewilde bron van energie in Suid Afrika as gevolg van die natuurlike aantal son-dae in Suid Afrika dwarsdeur die jaar.

 

Die hoofbron in Suid Afrika is in die “ Son-Hoofstad”, De Aar, met die gesamentlike kapasiteit van 175 MegaWatt.

 

Windplase

Windkrag kom uit die middel-eeue so ver terug as 1190. – Uit die 11’e, 12’e EEU. Die eerste elektriese windmeul turbine-aandrywing, is gepatenteer deur die Oostenryker, Josef Friedländer in WENEN in 1883. In Julie 1887 het die Skotse Akademikus James Blyth die eerste battery aan sy turbine gekoppel om sy vakansiewoning van lig te verskaf.

 

In landelike gebiede in Suid Afrika is die tradisionele “windlaaier” vir jare reeds ‘n bekende gesig waar dit gebruik word/was om batterye te laai vir beperkte gebruik op plase.

 

Kernkrag

Koeberg was die eerste kernkrag kragstasie in Afrika. Onlangse opgradering het hierdie 3de generasie kernkrag kragstasie se lewe verleng vir ‘n verdere 30-40 jaar verleng.  Die produksie uit die aanleg is op sy piek +- 2000 MegaWatt wat dieselfde orde-grootte opwekkingseenheid is as Medupi- of Arnot-Kragstasie

 

Koeberg word omsluit deur ‘n 3 000 ha natuurpark van Eskom wat ‘n buffer vorm om die kragstasie te laat voldoen aan internasionale veiligheidsreëls en -regulasies. Lae en intermedium afval van Koeberg word per pad vervoer in staal en beton houers na ‘n afgeleë stortings-terrein by Vaalputs, 600km vanaf Koebergreaktor in die Kalahari Woestyn.

 

Die nuwe generasie - korrelbed

Kernkrag gaan ‘n “groter rol” speel in die voorsiening van skoon-energie inisiatiewe en sal ‘n beduidende bydrae gee in die energiemengsel en -aanbod van Suid-Afrika se energie netwerk.

 

Die regering het reeds onderhandelings begin met verskaffers van kernkrag reaktors. Die nuwe generasie reaktors gaan die wêreldlandskap verander en sal die gaping moet vul om betroubare en volhoubare energie te verskaf.

 

Hoekom kernkrag?

Ongeag die voordele soos bespreek in die aanbieding  is die produksie van energie uit kernmateriaal gebaseer op wesenlike wetenskaplike feite. Die produksie van elektrisiteit (energie) kan uit verskeie prosesse gekry word. Hierdie prosesse word saamgevat in die onderstaande tabel met die gepaardgaande grafiek om dit ook grafies voor te stel.

 

In die grafiek hieronder is die grafiese voorstelling van die benutting van die beskikbare energie ten opsigte van die energie wat beskikbaar is.  aan die ekwivalent massa per energie-bron

 

Persentasie Benutting Van Die Intrinsieke Energie Per Kilogram

Per Energie-Bron

(Sien Figuur 2 onder)

(Sien Figuur 3 onder)

Uit die tabel hierbo beteken dit dat 1 Kg Kernbrandstof 91 % van die energie benut teenoor 1 Kg Steenkool se energie benutting slegs 24 % is

 

Die sleutel om aan die gang te kom is opgesluit in Walt Disney se stelling:

Die pad na sukses

Is om “Op te hou praat en begin om te doen”

 

Die volledige aanbieding kan gelees word by die volgende skakel:

https://online.fliphtml5.com/hwiua/jovj/

(Lees die volledige aanbieding)

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: