Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Oktober 2022

Mentorvennoot - Deelname en verslag

 

Deur  Andries Domburg

Voorsitter: MentorVennoot Direksie

 

2022 Was ‘n jaar van opstaan en vorentoe beur. Die groot moment wat na vore getree het was die digitalisering van die Snapspel! Marius Joubert het op eie koste hierdie reuse tree vorentoe gegee en die digitale mark betree – die ontvanklikheid en behendigheid waarmee die skoliere met hierdie nuwe medium omgegaan het is oor-en-oor bewys.

 

Digitaliseer jou produk en jy kry die aandag van die nuwe generasie entrepreneurs.

 

Hiermee saam het die isolasie, afwesigheid van sinvolle stimulasie en die breë onsekerheid wat Covid by ons skoliere gelaat het, die sprong na nuwe deelname en die sprong na iets nuuts net groter gemaak – die skoliere is gaande oor dit wat Mentorvennoot/School Solutions en Albert van Wyk na die tafel toe bring. Die onderwysers kan nie uitgepraat raak oor die golf van opwinding wat oor die skoolterrein loop nie. Skielik is daar hoop!! 

 

Die belangrikheid om nie te gaan lê nie is onderstreep en die bewyse hiervan is nou hier op die tafel – ons skoliere het bo die gevestigde ‘normaal’ presteer en daarom wil ons dit graag met u deel. Ons wil ook graag almal wat betrokke was bedank. Dankie dat u, ten spyte van besige programme, steeds kans gesien het om hierdie jaar aan die MentorVennoot se Snapspel deel te neem.

 

  • Die stand van die ekonomie en die werkloosheidsyfer, onder veral die jeug, het die belangrikheid van blootstelling aan entrepreneursvaardighede op ‘n vroeë ouderdom beklemtoon. Die Snapspel het presies dit ten doel. Dit was ‘n voorreg om die Snapspel by skole te kon aanbied.

 

  • 500 Leerders is landwyd met die Snapspel bedien. Albert van Wyk se boek (Miljoenêr op 22) en sy insiggewende motiveringspraatjie by 15 (uiteindelik 23 skole) skole is ‘n wenner! Op hierdie manier het 10,000 skoliere blootstelling ontvang. Leerders wat aan die Snapspel deelneem kry toegang tot sy boek (elektroniese weergawe). Die kommersiële waarde hiervan is R4,000 per leerder - dus ongeveer R2,0miljoen word afgelewer!

 

As in gedagte gehou word dat ons in 2021 slegs 180 leerders bedien het, kan die drastiese styging in blootstelling bespeur word. Belangrik is dat die behoefte aan entrepreneuriese denkestimulering steeds bestaan en dat daar steeds maniere gevind moet word om dit reg te kry.

 

Die laaste 2022 Snapspel word teen middel Oktober 2020 aangebied en sal ons die finale uitslae vir die jaar met u te deel. Die skoliere is steeds besig om te presteer. Die voorlopige uitslae dui daarop dat daar nuwe rekords opgestel is en dat daar van die vorige jare se top prestasies op die Algehele Skole-telbord (opgebou sedert 2018) vir die Restourantspel opgeneem is deur 2022 skole! Verder is die skole-rekord vir ‘n skool en ‘n span hierdie jaar ook gebreek.

 

Huidige voorlopers:

Die Snapspel voorlopers is tans (27-09-2022) Namakwaland HS, Springbok, Noordheuwel HS, Krugersdorp en Outeniqua HS, George. Die skole wat nog kan deurdring is Eldoraign, Pretoria, Ermelo HS, Paulus Joubert HS, Paarl en Kylemore HS, Stellenbosch.

 

Deelname- en prestasiesertifikate is aan alle leerders gestuur en oorhandig. Ons sal ook binnekort die reëlings vir volgende jaar aan u bekend maak .

 

Dankbetuiging:

Met die hulp van mnr Daan Potgieter van Die Afrikaanse Onderwys Netwerk (AON) se R120K (‘n Vennoot deur dik en dun) en mnr Marius Joubert van School Solutions se R100 000 bydrae is die styging in getalle moontlik gemaak. Ons opregte en spesiale dank aan beide die instansies vir die finansiële steun. Nodeloos om ook die steun van Marius Joubert, Basie Heckroodt en Albert van Wyk en die groot groep onderwysers/skoolhoofde en ouers te noem wat hierdie groei teweeg gebring het. Ons opregte dank ook aan al die skoliere wat deelgeneem het – julle is eintlike die helde!!

 

Ons hoop vir 2023 is om, met die nou gedigitaliseerde Snapspel programme in plek, verdere finansiële steun te mobiliseer om ons regmatige plek in die volkshuishouding in te neem. Die belangrike kwessie van werkskepping deur die privaatsektor moet ’n verdere hupstoot gegee word. ‘n Belegging in die konsep van entrepreneuriese denkestimulering en mentorskap moet gemaak word.

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: