Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

        April 2024

Moedertaalonderrig: Dis MOS ‘n slim plan!

 

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op Basiese Onderwys (Bela), wat tans deur die Nasionale Raad van Provinsies verwerk word, kan die 1 200 skole in die land wat tans Afrikaanse moedertaalonderrig bied, drasties verminder. Dit is een van baie voorgestelde veranderinge aan die land se onderwysstelsel wat deur die Parlement oorweeg word.

 

“As ’n mens in ag neem dat 7,4 miljoen mense – meer as 12% van die bevolking – Afrikaans as eerste taal praat, is dit baie duidelik dat volgehoue kwaliteitonderrig in Afrikaans in landsbelang is,” sê Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS (Moedertaal in Onafhanklike Skole) Inisiatief.

 

UNESCO (United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization) bevestig die waarde van moedertaalonderrig en brei verder daarop uit:: “Navorsing wys dat moedertaalonderrig ’n sleutelrol in kwaliteitleer en insluiting in die klaskamer speel en dat dit leeruitkomste en akademiese prestasie verbeter. Veral in die laerskool speel moedertaalonderrig ’n deurslaggewende rol om gapings in leerders se kennis te verhoed en die spoed waarteen kinders leer en verstaan, te verbeter. Moedertaalonderrig is veral ook belangrik binne die konteks van multitaal-onderrigstelsels omdat dit alle leerders bemagtig om ten volle in die samelewing te kan integreer. Dit moedig wedersydse verstandhoudings en respek vir mekaar aan en help om die ryk kulturele en tradisionele erfenis, wat deel van elke taal in die wêreld is, te beskerm.”

 

“Ons verstaan hoe belangrik dit is om in jou moedertaal te leer. Gevolglik is Die MOS, ‘n privaat maatskappy wat in 2019 deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) gestig is, tans besig om hul netwerk van Afrikaanse privaat skole uit te brei wat kwaliteitonderrig aan kinders van ses maande tot matriek bied. Die MOS-skole is toekomsgerig en rus leerders toe met die karaktereienskappe en vaardighede wat deur ’n vierde-industriële-rewolusie-werksplek benodig word. Leerders kan hierdie kritieke vaardighede in hul moedertaal by MOS-skole verwerf,” sê Van der Westhuizen.

 

Hy voeg by: “As gevolg van die voortdurende risiko dat die aantal openbare skole wat in Afrikaans onderrig bied, verminder sal word, sien ons uitsonderlike groei in die vraag na die hoë-kwaliteit skole in ons netwerk.”Om meer privaat Afrikaanse skole te bou is egter ‘n kapitaal intensiewe proses. Alhoewel die MOS ‘n baie sterk besigheidsmodel het wat werkbaar is deur die toepassing van moderne tegnologie, het hulle besluit om die tempo te versnel deur kapitaal by ondersteuners en beleggers te werf. “Deur fondse vir addisionele Afrikaanse privaat onderrig te werf, kan ons in ons ryk Afrikaanse kultuur belê en die toekoms van jongmense in ons land beskerm en uitbou.”

 

Om hierdie doelwit te bereik, gaan Die MOS in April ’n unieke slim-effek (skuldbrief) uitreik. Die beoogde slim-effekte gaan ’n eerste vir Afrika wees, omdat dit as bewyse sal verhandel word op ’n stelsel wat deur blokkettingtegnologie onderskryf word. Mesh.trade (Mesh) se wêreldklas digitale kapitaalmark-ekosisteem sal hiervoor gebruik word. Hierdie innoverende tegnologie sal Die MOS in staat stel om die effekte aan ’n groter groep beleggers beskikbaar te maak as wat die geval sou wees indien hulle tradisionele kapitaalmarkte gebruik het.

 

“Dit is ’n opwindende, innoverende produk gegewe die toenemende belangstelling in die verhandeling van bewyse in markte soos die VSA en die Europese Unie,” verduidelik Van der Westhuizen.

 

Beleggers kan van 11 tot 26 April op Die MOS-slim-effekte inteken wat vir 10 jaar teen prima plus 2% uitgereik word. “Die MOS-slim-effekte word ten volle deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis, (deel van die Dagbreek Trust familie), onderskryf en gewaarborg,” sê Van der Westhuizen. Die doelwit is om R100 miljoen te werf om Die MOS-netwerk van Afrikaanse skole uit te brei.

 

Die MOS Inisiatief verwag dat die vraag na Die MOS-slim-effekte die aanbod wesenlik sal oorskry aangesien “mense die waarde van moedertaalonderrig verstaan,” sê Van der Westhuizen.

 

Connie Bloem, medestigter en besturende direkteur van Mesh, sê dat baie snelgroeiende maatskappye wêreldwyd alternatiewe, lewensvatbare opsies om kapitaal te werf, ondersoek. 

 

Mesh.trade is in Nederland gebaseer en het sakebelange in Suid-Afrika. Die maatskappy het uitgebreide kennis van finansiële markte en -produkte, en robuuste tegnologiese infrastruktuur om die MOS-slim-effek se sukses te verseker.

 

“Ons beweeg in ’n era van Finansies 3.0 wat daarop gemik is om finansiële markte oper, toegankliker, eenvoudiger en meer deursigtig te maak. Mesh se unieke stelsel maak dit moontlik om slim-effekte in die alternatiewe finansiële- en privaat kapitaalmarkte uit te reik, te verhandel en te bestuur. Hierdie unieke bates is nêrens anders beskikbaar nie en word direk op Mesh se platform deur toekomsgerigte ondernemings in snelgroeiende bedrywe uitgereik,” sê Bloem.

 

Die bekende en gerekende ekonoom, Dawie Roodt, het die volgende oor dié nuwe bateklas te sê: “Namate snelgroeiende ondernemings kapitaal probeer werf, word die skepping van verhandelbare slim-effekte op bates gebaseer en deur blokkettingtegnologie, wat al hoe gewilder raak as ’n manier om kapitaal van privaat beleggers te bekom, onderskryf. Dit sal sonder twyfel ’n presedent skep ten opsigte van die wyse waarop ander plaaslike ondernemings in die toekoms kapitaal sal werf. Boonop bied dit nuwe geleenthede aan beleggers wat toegang kry tot unieke bates waartoe hulle nie noodwendig in die verlede blootstelling gehad het nie.”

 

Die MOS-slim-effekte bied ’n baanbrekergeleentheid om kapitaal te skep en is die eerste korporatiewe effek wat as ’n slim-effek in Afrika uitgereik sal word. Beleggers het die geleentheid om rojale opbrengste te verdien op ’n belegging waarvan die risiko redelik bestuur word, terwyl hulle terselfdertyd ’n beduidende en belangrike bydrae tot die beskerming van Afrikaans as onderrigtaal sal maak. Dít is van onskatbare waarde

 

Die doelwit is om R100 miljoen te werf met die gewaarborgde 10-jaar MOS-slim effek, wat Prima+2% betaal

 

Privaat kapitaalmarkte op die kontinent sal na verwagting beduidend versterk word deur Mesh.trade se bekendstelling van Afrika se eerste korporatiewe effek in die vorm van ’n slimkontrak.

 

Die MOS-inisiatief (Die MOS), ’n privaat maatskappy wat die ontwikkeling van Afrikaanse moedertaal-onderrig in Suid-Afrika ten doel het, het Mesh.trade gekies om die slim effek uit te ryk en oor sy 10 jaar lewensduur te bestuur. Met die effek, wat kwartaalliks rente van prima plus 2% sal betaal, wil Die MOS R100 miljoen werf om sy netwerk van privaatskole wat Afrikaanse moedertaal-onderrig bied, uit te brei. Die MOS slim effek is aan die algemene publiek beskikbaar in die vorm van 20,000 bewyse as slimkontrakte op Mesh.trade se platform. Boonop word Die MOS-effekte ten volle deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis, (wat deel van die Dagbreek Trust familie is), onderskryf en gewaarborg.

 

Dawie Roodt, gerekende ekonoom en Die MOS-direksielid, sê dit is vir hom ’n groot eer om deel te wees van Die MOS en hulle doelwit om meer skole te bou wat onderrig bied in Afrikaans te ondersteun. Hy verduidelik wat ’n effek is: “Om dit eenvoudig te stel, dit is ’n finansiële instrument wat uitgereik word en waarop daar rente betaal word. In hierdie geval betaal ons 2% bokant die prima-rentekoers. Soos mark-rentekoerse styg, byvoorbeeld, so sal dié rentekoers natuurlik ook styg. Die idee is dat hierdie ’n verhandelbare instrument moet wees. Met ander woorde, jy kan die instrument koop en verkoop voor die vervaldatum daarvan. Natuurlik gaan daar baie groot beleggers wees wat ook hierdie effekte wil hê, maar ons het besluit om dit vir die man op straat ook toeganklik te maak. Daarom is die minimum bedrag wat jy in hierdie skuldbriewe kan belê, net R5 000.”

 

Met hierdie eerste uitreik van ’n slim effek in Afrika bewys Mesh.trade dat sy volgende-generasie oop kapitaalmark-ekosisteem ’n lewensvatbare alternatief bied vir die huidige mark-infrastruktuur. Terwyl vinnig-groeiende maatskappye wêreldwyd toenemend soek na alternatiewe, lewensvatbare maniere om kapitaal te werf buite vandag se ontoeganklike, ondoeltreffende en illikiede markte, is gesofistikeerde beleggers terselfdertyd op soek na geleenthede om digitale bateste bekom, sonder die ingewikkeldheid en koste wat met tradisionele finansiële markte gepaardgaan.

 

Connie Bloem, stigter en besturende direkteur van Mesh.trade, sê Afrika se eerste digitale korporatiewe effek is ’n belangrike mylpaal en is die eerste van vele ander bates wat die maatskappy in die komende maande gaan bekendstel.

 

“Die toekoms van finansies, of Finansies 3.0, gaan alles daaroor om finansiële markte meer toeganklik te maak. Danksy Mesh se dekades ervaring met kapitaalmark tegnologie maak ons dit moontlik. Ons veelsydige kapitaalmark-ekosisteem wat op blokketting-tegnologie gebaseer is, maak dit eenvoudiger om kapitaal te werf,” sê Bloem.

 

“Daar is te veel wonderlike instellings wat kapitaal wil werf, maar wat onderbedien word deur die mark omdat hulle nie vir waagkapitaal kwalifiseer nie en ook nie gereed is om hul maatskappy te noteer nie. Mesh maak dit vir hulle moontlik om kapitaal te werf deur allerlei tipes kapitaalmark-instrumente, soos effekte en voorkeuraandele, as slimkontrakte uit te ryk.”

 

Mesh.trade is ontwerp om die volle potensiaal van die privaat- en publieke kapitaalmarkte te benut. “Ons oop, digitale kapitaalmark-ekosisteem is aanloklik vir beide besigheids bestuurders en beleggers omdat die platform alle elemente van die kapitaalwerwing- en beleggingsproses in ’n enkele, elegante werkswyse saamvat. Dit maak die markte toeganklik, maklik om te gebruik en veilig,” sê Bloem.

 

Roedolf van der Westhuizen, uitvoerende hoof van Die MOS-inisiatief, sê in ’n land waar die oorblywende 1200 skole wat Afrikaanse moedertaal-onderrig bied onder druk is om na Engels oor te skakel, moet Die MOS sy pogings verdubbel om sy hoogs suksesvolle netwerk van Afrikaanse privaatskole uit te brei. “Dit het dadelik sin gemaak dat ons Mesh.trade gebruik om ’n slim korporatiewe effek uit te reik en só die R100 miljoen te werf wat ons nodig het om ons netwerk uit te brei. Mesh se uitgebreide finansiële kennis, en deursigtige digitale platform bied die perfekte omstandighede vir ons om vinnig en koste-effektief kapitaal te werf, direk van ons ondersteuners.

 

Mesh.trade, ’n geregistreerde Verantwoordelike Instelling, is ’n veelsydige, digitale kapitaalmarkte-platform wat gebruik word vir die uitreik, verhandeling en bestuur van slim finansiële bates. Volgens Bloem sal Mesh.trade vanjaar nog Finansies 3.0 innovasies en geleenthede aankondig.

 

Die MOS Inisiatief en Mesh.trade stel die iniaitief bekend by die Die Klas van 2034-bekendstellingsfunksies

3 April in Pretoria .

10 April in Stellenbosch

 

Meer inligting:

Die MOS Inisiatief se skuldbriewe program word geloods met Pallidus en Mesh (2024).

https://youtu.be/g9LpRn6FHJg?si=tUxugG4A5lAqj44k

 

Die Mos – Inligting en skakel na Mesh.trade

https://www.diemos.co.za/bele-in-afrikaans

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: