Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          Februarie 2024

Registreer om te kan stem


In die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996 se hoofstuk 2 wat die Handves van Regte is van elke Suid-Afrikaanse burger word politieke regte soos volg omskryf in Artikel 19: 

“(1) Dit staan elke burger vry om politieke keuses te doen, waarby inbegrepe is die reg om-

(a) 'n politieke party te stig;

(b) deel te neem aan die bedrywighede van, of lede te werf vir, 'n politieke party; en

(c) hulle vir 'n politieke party of saak te beywer.

(2) Elke burger het die reg op vrye, regverdige en gereelde verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is.

(3) Elke volwasse burger het die reg om-

(a) te stem in verkiesings vir enige wetgewende liggaam wat ingevolge die Grondwet ingestel is, en om dit in die geheim te doen; en

(b) 'n kandidaat vir 'n openbare amp te wees en, indien verkies, die amp te beklee.”

 

Dit is vir die politieke regte waarvoor Suid-Afrikaners later die jaar aan ʼn nasionale verkiesing deelneem.  Die datum waaroor tans bespiegel word is dat die verkiesing moontlik op Woensdag 22 Mei sal plaasvind. Benewens hierdie voorafgaande politieke regte is ʼn verkiesing ook die plek waar kiesers die politici verantwoordbaar maak.

 

Al wat nou oorbly is dat ons moet registreer ten einde later te kan stem. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie stemlokale op 3 en 4 Februarie 2024 vir die laaste keer oopmaak om nuwe kiesers te registreer maar ook om bestaande kiesers te verifieer. Wanneer die verkiesing gepromulgeer word sal die registrasieproses dan sluit.

 

Volg die skakel om registrasie te bevestig. https://www.elections.org.za/pw/Voter/Voter-Information

Stuur SMS met ID Nommer na 32810 (R1 per sms)

Laai die IEC verkiesing app af by Google Play of die Apple se App Store


Onder volg die kieserstatistiek soos op 31 Januarie 2024.

Geregistreerde kiesers November 2023 31 Januarie 2024
Getal geregistreerde kiesers 26 211 123 26 988 507
Vroulik 55.32% 55.29%
Manlik 44.68% 44.71%

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: