Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Februarie 2022

Sensus 2022 - Aanlyn registrasie

 

Die spertyd om aanlyn vir Sensus 2022 te registreer is uitgestel vanaf 31 Januarie na 5 Februarie 2022


                                       Sensus 2022 vind plaas 3-28 Februarie 2022

 

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om aanlyn te registreer vir die 2022-sensus sodat die organisasie ‘n akkurate weerspieëling kan kry van gemeenskappe se sosio-ekonomiese omstandighede in elke woongebied in die land. Die aanlyn fasiliteit sal waarskynlik meer gerieflik wees maar ook veilig. 

 

Diegene wat aanlyn registreer, sal die sensusvraelys elektronies of telefonies kan invul

 

Altesame 160 000 veldwerkers sal huishoudings oor die land heen van begin Februarie  besoek om die getal huishoudings, die getal mense per huishouding en hul sosio-ekonomiese omstandighede te bepaal.

 

Mense kan op die webwerf registreer of deur die inbelsentrum by 0800 110 248 te skakel.

https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home - Volg die skakel

 

Op die aanvanklike registrasie word aanlyn besonderhede ingevul wat naam en adres insluit. ʼn Individu se woning word dan op ʼn virtuele kaart gewys waarop die woning dan elektronies/aanlyn bevestig word.

 

Die hoofsekretaris van die Afrikanerbond het bevestig dat daar aanvanklik probleme was met registrasie en dat heelwat lede die probleem ervaar het. ʼn Bevestigende nommer wat Sensus 2022 voorsien word of nie betyds ontvang nie of die verwysingsnommer is onvolledig. Die kwessie is wel onder amptenare by Statistiek SA wat verantwoordelik is vir Sensus 2022 se aandag gebring.

 

Ons is ook bekommerd dat Sensus 2022 slegs ‘n Engelse veldtog voer in die bevordering van die komende sensus. Artikel 6 van die Suid-Afrikaanse Grondwet verklaar elf tale as amptelike tale van die Republiek. Die tale word soos volg in die SA Grondwet gelys: Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu. Dit is belangrik dat geeneen van hierdie tale as ‘n voorkeur-taal aangedui word nie, maar dat daar uitdruklik verklaar word dat al die amptelike tale gelykwaardig is. Ook maak hierdie artikel geen melding van ‘n “amptelike taal van rekord” wat sou beteken dat so ‘n taal in praktyk ‘n voorkeurstatus geniet nie.


 As 'n owerheidstruktuur wat veronderstel is om die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika te versterk moet Statistiek Suid-Afrika en Sensus 2022 ook voldoen aan die grondwetlike voorskrifte om tale te versterk. Ongelukkig is dit nie die geval nie.


 Al Sensus 2022 se aanlynfasiliteite vir die bevolking om hulself vir die komende Sensus te registreer is slegs in Engels beskikbaar. Dit sluit in die aanlyn fasiliteit by

https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home sowel as die 0800 110 248 tolvrye nommer wat verskeie kere beset was, maar later wel met met ʼn Engelse stemboodskap beantwoord is, toe die nommer gebel is.   


 Ons het navraag gedoen by die Statistiek Suid-Afrika oor die vorms wat Sensusopnemers by hulle sal hê as die opname in persoon gedoen word. Hoeveel persone sal nie ontneem word om deel te wees van Sensus 2022 as die vorms nie in die taal van keuse beskikbaar is nie of die inligting nie behoorlik verstaan word nie. Vir die bevolking in die landelike dele van Suid-Afrika wat slegs hul huistaal magtig is of dit isiXhosa of isiZulu of Afrikaans is sal Sensus SA se slegs-Engels veldtog en registrasie fasiliteite verlore wees.

 

In ʼn gesamentlike verklaring het die burgerregteorganisasie AfriForum en die Ndebele-belangegroep die Vulamehlo Kusile Organisation (Vuko) landsburgers aangemoedig om nie ‘n bepaalde raskategorie te kies nie, maar om die opsie se kies wat “ander” spesifiseer en dan die kultuurgroep waaraan die persoon behoort, aan te dui. Mense word ook volgens die verklaring versoek om hul huistaal korrek aan te dui en melding daarvan maak indien hul huistaal nie op die lys genoem word nie. Ons verneem graag van ons lede wat u siening is.  Stuur insette na kommentaar@abond.co.za


Bron: Netwerk24

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: