Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

        Maart 2024

Die burgerlike gemeenskap en die 2024 verkiesing


 Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans sy honderdjarige bestaan as ampteDaar is tans ‘n hernude oplewing in burgerlike organisasies wat ten doel het om die burgerlike samelewing te mobiliseer met die doel om die politieke landskap te verander. Oorkoepelende netwerk organisasies soos Convergence4SA, Defending our Democracy, The Interfaith Forum en SA Peoples Convention is aktief besig om uiteenlopende kulturele, rasse- ideologiese en godsdienstig instellings se kragte, invloed en netwerke saam te snoer. Die Afrikanerbond is verlede jaar genooi om deel te word van Convergence4SA wat onder andere deur dr Theuns Eloff en Mbali Ntuli gefasiliteer word. Tydens die eerste gesprek in Oktober was meer as twintig organisasies teenwoordig en sluit in die Solidariteit beweging, Kaapse Forum, Rivonia Circle, Die Afrikanerbond, Wes-Kaap Raad van Kerke, die NK Kerk, OUTA Groundwork Collective, NEASA en vele meer in.   

 

Die deelnemende organisasies van Convergence4SA (C4SA) het weer 'n een-dag-strategie-sessie in Desember 2023 buite Stellenbosch gehou. Hierdie werkswinkel het gefokus op die finalisering van die waardes, visie, missie en strategie van die netwerk. Alvorens dit gefinaliseer kon word moes ons eers die vraag aanspreek oor die soort burgerlike samelewing en land wat ons na die 2024-verkiesing wil hê. Daar was instemming  dat "... ten einde die samestelling van die nasie te verander, moet die DNS van die stelsel eers verander – wat die grootste uitdaging vir enige leierskap is." Die C4SA-netwerk het daarom saamgestem dat die nodige kultuurverandering gebaseer moet wees op die volgende drie waardes, met sy samestellende elemente:

 

1.      Etiese bestuur, wat insluit:

1.1 Etiese gedrag deur almal in leierskapsposisies - sowel as in die breër samelewing;

1.2 Nakoming van die Grondwet en die Regstaat

1.3 Meriete en bevoegdheid as die basis vir alle aanstellings

1.4 Verantwoording deur almal in enige leierskapsposisie, insluitend die aanvaarding van gevolge vir enige optrede of die gebrek daaraan.

 

2    Aanvaarding van diversiteit, wat insluit:

2.1 Respek vir lewe en menswaardigheid

2.2 Maatskaplike samehorigheid en versoening

2.3 Gelykheid en geen diskriminasie nie

 

3.        Dienende leierskap, wat insluit dat alle leiers in die politieke en burgerlike samelewing billike en regverdige sorg en belangstelling vir alle burgers moet kweek en demonstreer, elke uur, elke dag, elke jaar (24/7, 365)

 

As 'n burgerlike  samelewingsnetwerk is die visie en missie van C4SA om die burgerlike  samelewing se rol in die bevordering van demokrasie en grondwetlikheid te verstewig en te verbeter. Deur die stem van die burgerlike samelewing te vergroot kan 'n aktiewe en ingeligte burgerskap ontwikkel word, wat kan lei tot die konsolidering en volwassenheid van die land se demokrasie.

 

C4SA sal na die 2024 verkiesing voortgaan met sy werk. C4SA is nie partydig nie en nie aan enige politieke party of groepering gekoppel nie. Met betrekking tot nasionale, plaaslike, politieke en gemeenskapsake neem C4SA 'n beginselvaste standpunt in. Verskillende standpunte en opinies As 'n netwerk van organisasies en deelnemers skep ons geleentheid vir verskillende opinies oor sake wat nie van 'n waardegedrewe of strategiese aard is nie.

 

C4SA se strategie is om te verseker dat:

  1. Meer stemgeregtigdes geregistreer word.
  2. Geregistreerde stemgeregtigdes weet waarom hulle moet stem, hoe hulle ingeligte keuses kan maak en daadwerklik op verkiesingsdag opdaag.
  3. Die integriteit van die verkiesing verseker word deur 'n oudit van die kieserslys, die monitering van geselekteerde stembusse op verkiesingsdag en ingryping waar nodig. C4SA sal ook 'n standpunt lewer oor die integriteit van die verkiesing na die verkiesingsdatum.
  4. Beleide ontwikkel word wat in lyn is met die burgerlike samelewing se strewes.

 

In lyn met die strategie is die onmiddellike prioriteite:

  1. Die ontwikkeling en konsolidering van 'n nasionale databasis van  burgerlike  samelewingsorganisasies wat werk verrig binne die demokratiese en politieke ruimte. Dit sal ook rolspelers insluit wat kan help of bydra tot kiesersregistrasie, kiesersopvoeding, die integriteit van die verkiesing en beleidsontwikkeling.
  2. Die ontwikkeling en verspreiding van verkiesingshulpmiddels wat Suid-Afrikaners kan help om as stemgeregtigdes te registreer, ingeligte en waardegebaseerde keuses in die verkiesing uit te bring en waaksaam te wees in die aanloop tot die verkiesing.
  3. Die ontwikkeling van verkiesingsverwante boodskappe wat deur verskeie kanale aan stemgeregtigdes versprei kan word.
  4. Die ontwikkeling en befondsing van 'n digitale platform en nutstoepassings ter ondersteuning van projekte deur deelnemende organisasies.  met betrekking tot stemregistrasie, kiesersopvoeding en die integriteit van die verkiesing.

 

C4SA het ook kennis geneem van deelnemende organisasies se vordering met spesifieke projekte.

  1. Your Vote Counts, is 'n inisiatief waarin 25  burgerlike  samelewingsorganisasies saamwerk ten opsigte van stemregistrasie en kiesersopvoeding. – Stuur WhatsApp boodskap na 0600702377
  2. EPICS ("Electoral Participation for Integrity by Civil Society"), is 'n inisiatief van verskeie  burgerlike  samelewingsorganisasies wat daarop gerig is om die integriteit van die verkiesing te versekering en te versterk.
  3. Die South Africa’s People Convention waartydens gewone Suid-Afrikaners die geleentheid kry om hul sienings oor die Suid-Afrika wat ons almal wil hê, oor te dra.
  4. Die ontwikkeling en befondsing van 'n tegnologieplatform en nutstoepassings wat die projekte van deelnemende organisasies kan ondersteun en verbeter. As gevolg van beperkte vordering tot op hede, is daarop gewys dat befondsing vir hierdie projek 'n prioriteit sal wees. Dit word beraam dat R40 miljoen nodig sal wees vir die suksesvolle implementering van al hierdie projekte.
  5. Samewerking met die Interfaith Forum met betrekking tot kernboodskappe wat oorgedra kan word is belangrik in die tyd van die jaar.

 

Deur ons nuusbriewe en netwerke wil die Afrikanerbond daartoe bydrae om bewustheid te skep vir die belang van registrasie en dan veral ook die waarde van elke individu se stem. 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: