Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

        Maart 2024

Verkiesing 2024 - Nuusbrokkies


 AB Verkiesing 2024 algemene gespreksgroep

Daar kom al meer kwessies oor die 2024 verkiesing na vore. Ons het dus die Verkiesing 2024 WhatsApp groep gevestig waarin lede en belangstellendes aktief gesprek kan voer. Ons plaas ook gereelde nuusbrokkies hier. Volg die skakel om deel te word.

Groete uit Die Eike of stuur ʼn boodskap na 071 662 0721 met die woord Verkiesing en ons voeg u by.

 https://chat.whatsapp.com/CMjJ7B5BqHKEZzReakNajb

 

Verkiesingsingsterminologie.

 

ʼn Verkiesingsterminologie projek van die Departement Kuns en Kultuur (DKK) het aanvanklik in 2010 begin. Die oorspronklike lys van terme is reeds in die 90’s begin deur individuele terminologiste wat terme uit verkiesingsboekies bymekaargemaak het, asook uit dokumente van die RGN.

 

Die oorspronklike lys het net twee amptelike tale bevat. Daar is met die OVK gesprek gevoer en daar is besluit dat die terme in al elf amptelike tale behoort te verskyn. Van die beamptes het toe op ons spoor gekom en met ons begin skakel en kon ons met die hulp van ʼn paar AB lede wat in vorige verkiesings gewerk het, lede van die parlement en raadslede behulpsaam wees in die projek.

 

Uit die tien name was daar toe uiteindelik drie persone naamlik Pieter Smith, Coetzee Bester en Dries du Toit (al drie lede van die AB) wat ingewillig het om saam met van die beamptes vir ʼn paar dae te gaan sit en ‘n lys van ongeveer 500 Engelse terme deur te trap om die

 

Die Verkiesingsterminologie lys van 700 woorde van die Departement van Kuns en Kultuur het uiteindelik in Engels, Afrikaans, isiZulu, isiXhosa, Siswati, IsiNdebele, Setswana, Sepedi, Sesotho Thsivenda en Xitsonga verskyn en beslaan 170 bladsye.

 

Hierdie is ʼn projek wat aan die een kant meertaligheid kan bevorder maar meer belangrik is dat die Afrikanerbond deur sy lede kon meehelp aan die verstewiging van ons grondwetlike demokrasie deur ons amptelike tale. Hopelik kan gebaretaal eersdaags gevoeg word tot die projek.

 

Raadpleeg gerus die aanlyn weergawe (Kopiereg van die Departement van Kuns en Kultuur) by die volgende skakel: https://online.fliphtml5.com/hwiua/xjhj/

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: