(Engelse verklaring volg onder)
Tito Mboweni – Nie bang om die regte dinge te sê nie en tree in die bresse vir Afrikaners en Afrikaans
Daar is reeds talle huldeblyke oor mnr Tito Mboweni voormalige minister en president van die Reserwebank gedoen. Alhoewel die Afrikanerbond nie deur ons strukture gereelde kontak met mnr Mboweni gehad het nie, het ons wel ʼn indruk van hom gehad oor iemand wat opstaan vir die dinge wat reg is en het hy dit soms gedoen midde in omstrede kwessies en was hy nie bang vir die gevolglike kritiek nie
In Oktober 2006 en midde in die ANC se dryf van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging sê Tito Mboweni, toe President van die Reserwebank, by ʼn Investement Solutions ontbyt byeenkoms:
"Ek het probeer om baie bekwame swart mense te werf, en skaars het ons hulle opgelei, dan verlaat hulle ons. Ek raak so ontsteld! Ek gaan ophou om swart mense te werf. Ek is tevrede met my Afrikaners. Hulle bly en doen die werk." (Uit Engels vertaal)
Die opskrif van die berig in die Independent Groep het gelui: I’ll stick with Afrikaners
- en was die reaksie van mnr Mboweni op ‘n vraag van toe besigheidsman, mnr Cyril Ramaphosa. Mnr Ramaphosa wou weet watter kwessies pla by die Reserwebank. In dieselfde berig word mnr Moeletsi Mbeki, ʼn sakeman en politieke ontleder onthaal wat in reaksie sê: “ Tito Mboweni en die Reserwebank is 'n slagoffer van SEB (Swart Ekonomiese Bemagtiging).” Dit is ook wat met regstellende aksie gebeur. : "Dit skep 'n kunsmatige skaarsheid, sodat die klein hoeveelheid mense wat gekwalifiseer is in daardie skaars vaardigheid 'n massiewe salarisvoordeel kan beding."
Natuurlik het die ANC en Cosatu baie krities gereageer. Hierdie dilemma is reeds in 2006 uitgelig en het oor die jare daarna ʼn groter en dringende probleem geraak.
Vroeër vanjaar is mnr. Moeletsi Mbeki weer aangehaal waar hy gesê het dat SEB en regstellende aksie, die hoofdrywers van korrupsie in Suid-Afrika was en 'n onreg aan die ekonomie gedoen het.
Oor die toenemende afskaling en uitfasering van Afrikaans by voormalige Afrikaanse universiteite was hy ook uitgesproke: Toe die Universiteit van Pretoria in 2019 besluit dat Engels die primêre taal van onderrig sou word skryf mnr Tito Mboweni op 24 Januarie 2019 soos volg op X (voorheen Twitter) “Ek voeg my stem in die openbaar, en in my persoonlike hoedanigheid, dat ek NIE SAAMSTEM met die uitfasering van Afrikaans as een van die onderrigmediums by die Universiteit van Pretoria nie. As 'n land skiet julle julleself in die voet. Julle gaan dit oor 30 jaar berou.”
(Uit Engels vertaal)
Onmiddellik daarna was daar by ʼn 4100 kommentare op die boodskap, die meeste negatief. Dit sluit Julius Malema in wat van die eerstes was om te reageer.
Tito Mboweni, voormalige Minister van Finansies in Suid-Afrika, was bekend vir sy standvastige leierskap in uitdagende ekonomiese tye. Hoewel hy nie spesifiek as 'n kampvegter vir Afrikaans of Afrikaners bekend gestaan het nie, het hy met die bovermelde optrede en opmerkings bevestig dat ekonomiese groei en inklusiwiteit vir alle Suid-Afrikaners noodsaaklik is, ongeag hul agtergrond. Ons kan daaruit aflei dat Mboweni geglo het in die belang van die beskerming van minderhede binne 'n sterk demokratiese raamwerk. Hy het daarom nie geskroom om 'n stem vir geregtigheid te wees nie. Vanuit die ANC en binne die regering was mnr Tito Mboweni nie bang om standpunt in te neem nie. Daarvoor moet hy geëer word.
Ons opregte simpatie en meegevoel met die familie, vriende en kollegas van mnr Mboweni.
____________________________________
Tito Mboweni – Not afraid to say the right things and came to the defense of Afrikaners and Afrikaans
Many tributes have already been paid to Mr Tito Mboweni, former minister and President of the Reserve Bank. Although the Afrikanerbond did not have regular contact with Mr Mboweni through our structures, we did have an impression of him as being someone who stands up for what is right — sometimes in the midst of controversy — without being afraid of any resulting criticism.
In October 2006, amid the ANC's drive for affirmative action and black economic empowerment, Tito Mboweni, then President of the Reserve Bank, said at an Investment Solutions breakfast meeting: "I have sought to recruit many competent black people, and no sooner have we trained them than they leave. I get so upset! I am stopping this recruitment of black people. I am okay with my Afrikaners. They stay and do the work."
The headline of a report in the Independent Group read:
I'll stick with Afrikaners
– and was the response of Mr Mboweni to a question from Mr Cyril Ramaphosa, still a businessman at the time. Mr Ramaphosa wanted to know what issues existed at the Reserve Bank. The same report quotes Mr Moeletsi Mbeki, a businessman and political analyst, as replying: "Tito Mboweni and the Reserve Bank are a victim of BEE (black economic empowerment)." What also happens with affirmative action is that "[i]t creates an artificial scarcity, so that the few people qualified in that scarcity command a massive salary premium." Of course, the ANC and Cosatu reacted very critically. This dilemma was already highlighted in 2006 and has become an even bigger and more pressing problem over the years.
Earlier this year Mr Moeletsi Mbeki was again quoted as saying that BEE and affirmative action were the main drivers of corruption in South Africa and did an injustice to the economy.
Mr Mboweni was also outspoken about the increasing downsizing and phasing out of Afrikaans at former Afrikaans universities. When the University of Pretoria decided in 2019 that English would become the primary language of instruction, Mr Mboweni wrote the following on X (formerly Twitter) on 24 January 2019: "I publicly, and in my personal capacity, DISAGREE, with the phasing out of Afrikaans as one of the mediums of teaching at the University of Pretoria. As a country, you are shooting yourselves down. You will regret it in 30 years' time."
Immediately afterwards there were around 4100 comments on the message, most of them negative. This includes Julius Malema, who was among the first to respond.
Tito Mboweni, former Minister of Finance in South Africa, was known for his steadfast leadership in challenging economic times. Although he was not specifically known as a champion of Afrikaans or Afrikaners, he confirmed with the above actions and comments that economic growth and inclusiveness are essential for all South Africans, regardless of their background. We can conclude from this that Mboweni believed in the importance of protecting minorities within a strong democratic framework. He did not hesitate to speak up for justice. From the ANC and within the government, Mr Tito Mboweni was not afraid to take a stand. He should be honoured for this.
Our sincere sympathy and condolences to the family, friends, and colleagues of Mr. Mboweni.
Datum: 14 Okober 2024