DOEN AANLYN AANSOEK OM LIDMAATSKAP VAN DIE AFRIKANERBOND
LIDMAATSKAP VAN DIE AFRIKANERBOND
- ʼn Lid moet Afrikaanssprekend wees.
- ʼn Lid moet ʼn belydende Christen wees.
- ʼn Lid moet beginselvas wees.
- ʼn Lid moet ʼn ingesteldheid van dienslewering hê wat strook met die doelstellings van die Afrikanerbond.
- Die minimum toelatingsouderdom is agtien (18 ) jaar.
Verkryging en behoud van lidmaatskap van die Afrikanerbond is onderhewig aan:
- Onderskrywing van die Afrikanerbond grondwet
- Toegewyde deelname aan die werksaamhede van die Afrikanerbond; en
- Nakoming van die voorgeskrewe finansiële verpligtinge.
- Lidmaatskap tot die Afrikanerbond is en bly vertroulik!
Grondslag van die Afrikanerbond
Die Afrikanerbond is gegrondves in die geloof dat die Bybel die Woord van die Drie-enige God is en dat dit van rigtinggewende betekenis vir die hele lewe is.
Vul die onderstaande vorm in - U lidmaatskap word bevestig en tree in werking sodra u bevestiging vanaf die kantoor ontvang het.