Christen-demokrasie
is ‘n universele waardestelsel wat onder meer op die volgende fundamentele oortuigings en doelwitte gebaseer word:
- Die erkenning van ‘n vrye en grondwetlike demokrasie as die enigste politieke sisteem waarbinne die basiese Christelike waardes van mense gerealiseer kan word.
- Die wetlike reg om politieke, ekonomiese en persoonlike selfverwesenliking na te strewe, met inagneming van die verantwoordelikheid teenoor ander.
- Die aanvaarding van die verantwoordelikheid en die bereidwilligheid om dit te deel, die beginsel van politieke desentralisasie en persoonlike verantwoordelikheid as superieur tot gesentraliseerde en outoritêre paternalisme.
- Solidariteit met die swakkeres in die gemeenskap as uitvloeisel van Christelike medemenslikheid.
Lees meer oor die Christen-Demokrasie