Beste Geesgenoot, Vriend, Pa, Ma en jong Afrikaner,
’n Ou waarheid lui: ‘Juis wanneer dit donker word, fokus ons op die lig’.
Hierdie waarheid raak maklik vergete wanneer die lewe klopdisselboom loop. Sedert die uitbreek van die Covid-19 pandemie het ons beleef hoe die lewe ingeperk kan word, hoe ons vanselfsprekende uitsig op ons berge en kranse, see en vlaktes verskraal. Leë strate flits oor skerms en die gewone gemoedelikheid en gasvryheid wat ons elke dag kon geniet, is skaars. Afrikanergesinne en geesgenote bevind hulle in ’n woonstel, ’n kamer of bejaardesorgsentrum; sommige met familie en ander – alleen.
Die Direksie en Bestuur van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting wil jou vra om saam te span en saam met ons die wa deur die drif te trek, want die Covid-19-pandemie woed ook hier by ons. Vir meer as 20 jaar het ons getroue besoekers (plaaslik en oorsee) en vriende ons finansieel gedra deur persoonlike toere, opvoedkundige uitstappies en lekker uitspandae.
Eensklaps is dit alles weg en moet ons ons mense op ’n ander manier bereik. Ons wil jou vra om saam met ons die Voortrekkermonument in die kuberruimte te besoek. Maak dit ’n gesinsoomblik of spreek met jou vriendegroep, kollegas en kennisse ’n kuberkuier af deur die webwerf van die Voortrekkermonument te besoek of ’n virtuele besoek te doen en ontdek die geloof, moed en toewyding van ons voorgeslagte wat met deursettingsvermoë ’n pad vir die toekoms gebaan het.
Oorweeg asseblief ernstig om ’n ‘besoekersfooi’ van ten minste R50,00 per gesin (meer of minder na vermoë) deur middel van Snapscan of ’n EFT-betaling by te dra en help ons om hier op Monumentkoppie wye ruimtes te skep, want môre skyn die son weer.
Dankie vir jou inhaak en die koester van ons Erfenis.
Bankbesonderhede van die Voortrekkermonument:
Rekeningnaam: Die Voortrekkermonument en Natuurreservaat
Rekeningnommer: 15 0016 8990
ABSA Takkode: 632005
Verwysing: Donasie
Bankbesonderhede van die Erfenisstigting:
Rekeningnaam: Die Erfenisstiging
Rekeningnommer: 405 620 9535
ABSA Takkode: 632005
Verwysing: Donasie
Groete
Dr Christo Pretorius
Voorsitter van die Direksie
Me Cecilia Kruger
Besturende Direkteur