Die FAK het in 2021 onderneem dat “... die fisiese fees eintlik net uitgestel word en weer sal plaasvind, sodra die inperkingsmaatreëls ons toelaat.”
Dus goeie nuus – ’n fisiese fees word vir Saterdag 9 April 2022 beplan.
Ons nooi jou en ander betrokkenes uit om saam te kom feesvier!
Na twee jaar van inperking en wel digitale genealogiefeeste (10 Oktober 2020 & April – Mei 2021 op Facebook & YouTube wat meer as 24 000 kykers gelok het) beplan die FAK ’n fisiese 12de Genealogiefees ter aansluiting van die VOC-fees.
Die bestuur het die besluit geneem met inagneming van die oorspronklike doelstellings van die fees nl. om
- ’n geleentheid te skep vir lede van die publiek om in ’n feesatmosfeer verteenwoordigers van verskeie familiebonde, navorsers, navorsingsinstansies en verenigings te ontmoet om hul genealogiese vrae persoonlik te vra.
- ’n netwerkgeleentheid vir afgevaardigdes van bg. te bied.
Belangstellende uitstallers word dringend genooi om Isabel via e-pos (isabel@kultuurtuiste.org.za) nie later as Vrydag 11 Februarie 2022 met ’n voorstel/instemming te kontak, indien jy/jul op 9 April 2022 beskikbaar is vir die inrig van ’n uitstalruimte op die Voortrekkermonumentterrein.
Doel:
Bekendstelling van navorser(s)/familiebond/vereniging/handelaar se navorsing/publikasies/projekte, ens. aan die wyer publiek in feesatmosfeer.
Potensiële uitstallers sal dan voor einde Februarie ’n Inskrywingsvorm ontvang t.w.v. bemarking in Maart 2022.
Die verdere goeie nuus –
Koste:
die FAK sal die koste van die fees dra.
Uitstallers moet net op Saterdag 9 April vanaf 09:00 tot 14:00 beskikbaar wees vir bemanning van hul uitstalruimte.
Met vriendelike groete
Isabel Groesbeek
Projekbeampte: Genealogie
nms FAK
Sel + 27 82 441 2325
E-pos isabel@kultuurtuiste.org.za