WES-KAAP BYEENKOMS/ VRUGTEFEES 2022 MALMESBURY
Alle AB-lede word hartlik uitgenooi na 'n eerste en belangrike na-Covid Vrugtefees/byeenkoms.
Die tema van Bondsraad 2018 was "Die Afrikaner in veranderende tye – die soeke na en implementering van ‘n Meester Narratief
Die tema van Vrugtefees 2022 gaan gebruik word om aanvoorwerk te doen vir die voortsetting van hierdie tema met tema: 'n Nuwe Toekomsvisie vir die AB
Die Vrugtefees 2022 is 'n geleentheid vir openlike en eerlike gedagte wisseling en die uitruil van idees tussen lede van Wes-Kaap en NR-lede in voorbereiding vir die komende Bondsraad.
Brs. Dries Wiese, Voorsitter van die Nasionale Raad en Jan Bosman, Hoofsekretaris, sal die byeenkoms bywoon. Br. Dries Wiese sal as spreker optree.
PLEK:
OLOK-saal, Malmesbury Saterdag 12 Maart 2022:
Registrasie
09:15 en verrigtinge sal duur tot ± 13:00.