Ad Hoc Groep webinaar (Donderdag 29 Julie 2021)
Suid-Afrika begin stadigaan herstel en bereken die koste van onlangse anargie en plundertogte wat polities uitgebuit en misbruik is in die ANC se interne faksiegevegte. Dit het oorgespoel in grootskaalse vernietiging van infrastruktuur, voertuie, eiendomme, informele ekonomiese aktiwiteite en plundery van winkels op ongekende skaal. Veral KwaZulu-Natal en Gauteng het deurgeloop. Dit word gesê dat dit ʼn opstand was teen die grondwetlike demokrasie.
Wat hou dit vir Suid-Afrika en vir eiendomsreg in?
Hierdie en vele ander kwessies word hanteer tydens die webinaar van die Ad Hoc Groep vir die beskerming van Eiendomsregte
Datum: Donderdag 29 Julie 2021
Tyd: 10:00 - 12:00 (Zoom )
Registreer vir die Zoom Webinaar voor of op 28 Julie 2021 om 17:00
Volg die skakel
Grondwetlike demokrasie Art25 Grondwetwysiging oor eiendomsreg - Webinaar
10:00 op Donderdag 29 Julie 2021
Voorlopige sprekers en aanbiedings
Prof Andre Duvenhage (NWU)
- Inleidende politiek strategiese perspektiewe Bedreiging van Eiendomsreg
Dave Steward (FW De Klerk Stigting)
- Is die grondwetlike demokrasie onder druk?
Piet Le Roux (Sakeliga)
- Die ekonomiese koste en die gemeenskap se reaksie daarop.
Genl Chris van Zyl (TLU)
- Veiligheidsperspektief
Parlementêre perspektiewe (Opposisiepartye)
Paul Oxley (GOSA)
Stand van Sake met vuurwapen onteiening
Stand van sake met Art 25 grondwetwysiging
Stuur die besonderhede ook aan na u netwerke
* Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groepering van organisasies, georganiseerde landbou en landbou verteenwoordigers, burgerlike en burgerregte instellings, opposisiepartye en akademici sowel as geloofsinstellings. Die Ad Hoc-Groep vir die Beskerming van Eiendomsreg ontmoet op gereelde basis om enige beleidsraamwerke wat eiendomsreg mag skaad of ondermyn, te bespreek en dan onderlinge standpunte, aksies en inisiatiewe te oorweeg.