Lewer kommentaar op die US se tweede konsep taalbeleid
Stuur gerus ook u insette na die Afrikanerbond se kommentaar fasiliteit - onder.
Die Universiteit van Stellenbosch nooi belangstellendes uit om via die
US se digitale platform op die taalwebblad
op die tweede konsep-weergawe van die hersiene beleid kommentaar te lewer. Let asseblief daarop dat geen openbare kommentaar op die tweede konsep-weergawe na die sluitingsdatum van 14 Augustus 2021 moontlik sal wees nie.
Uittreksel uit die Mei 2021 AB Nuusbrief
(Dr Louis Du Plessis skryf:
"Dit word, selfs daar waar Totius en Jan S Marais wagstaan, al moeiliker vir Afrikaanse studente om Afrikaanse klasse en besprekings by te woon en om take en eksamens in Afrikaans aan te bied. Naas die paar wat genoem is, word talle ánder subdissiplines, en daarmee saam die woorde en frases vir die dieper insigte en vermoëns in die lewe van die Afrikaanse taalgemeenskap, tans landwyd uitgeroei. As dit langer voortduur, sal van die volkstaal, skeppingstaal en wetenskapstaal later net 'n straattaal oorbly.
Net op Stellenbosch alleen het sedert die begin van 2016, sewe fakulteite in meer as 250 modules van die riglyne afgewyk om Afrikaans te beskerm. Naas geneeskunde, teologie en regte, waarna hier bo verwys is, het Afrikaans ook in die slag gebly in die fakulteite natuurwetenskappe, landbou, ingenieurswese, ekonomiese en bestuurswetenskappe en opvoedkunde."
Lees gerus die Afrikanerbond se volledige kommentaar op die vorige konsep taalbeleid onder - Soos ingedien in April 2021
(Druk regs onder op die skerm om die teks te vergroot.