Terug na e-Afrikaner
AB in dialoog: Met Prof Koos MalanGesprek oor die grondwet (Webinaar: 28 Julie 2021)
AB in dialoog webinaar 12 (Lede het reeds kennisgewing ontvang)
Spreker: Prof Koos Malan
Datum: 28 Julie 2021
Tyd: 17:30
Zoom: Registreer om Zoom webinaar skakel te ontvang
(Volg skakel)
"Regerings kan nie sonder meer op burgerlike onderdanigheid reken nie. Hulle verdien ook nie sonder meer burgerlike bereidwilligheid om belasting te betaal nie. Selfs al is belastingwetgewing kragtens die voorgeskrewe proses verorden en in ’n vorm vervat wat al die eienskappe van wetgewing en dus van geldende reg vertoon, kwalifiseer dit nie noodwendig as moreel-gegronde reg wat op die burgery se gehoorsaamheid aanspraak kan maak nie.
Regerings moet in die openbare belang van alle individue en groepe regeer. Dit is die kern van grondwetlike regering en politieke legitimiteit. Versuim regerings om dit doen, is hulle nie meer egte regerings nie en verbeur hulle hul aanspraak op openbare gehoorsaamheid." Rapport Weekliks 13 Junie 2021As die Grondwet nie oppermagtig is nie en deurlopend deur praktyk verander, wat behels die konstitusie dan werklik en wat staan ons in die lig van konstitusionele onstabiliteit te doen? Prof Koos Malan, professor in publiekreg behandel hierdie vraag teen die agtergrond van die uiteensetting in sy jongste boek: There is no supreme constitution – a critique of statist-individualist constitutionalism.
________________________
Skakel vir registrasie na AB in dialoog webinaar
Registreer nou reeds vir die webinaar op 28 Julie 2021:
https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_rPlKwMGJR_-1eKMWxhM9OQ
(Volg eksterne skakel)
Nooi u vriende en familie om die webinaar by te woon.
(Tydens 'n webinaar is slegs die panneellede sigbaar)