50-jaar lidmaatskap
Hennie Van Deventer, oudredakteur, skrywer en lid 12951 is op 25 September 1973 ingestel as lid van die AB. Hy was dus op 25 September 2023 reeds vir 50 jaar lid van die AB.
Bestuurslede van die We-Kaap het op 13 Maart 2024 by Br Hennie van Deventer by sy huis in Melkbosstrand gaan kuier en sy sertifikaat vir 50 jaar lidmaatskap van die AB aan hom oorhandig
Op die foto (Sien onder) is vlnr : Nico Burger , Gebiedsekretaris Gebied 1 Goeie Hoop , Hennie Van Deventer , Nico Stofberg , NR lid en voorsitter Gebied 1 Goeie Hoop en Dirk Rossouw , sekretaris van afd Melkbosstrand
Nico Burger
Brackenfell
___________________________________________________
Oor die oorhandiging van die sertifikaat van die sertifikaat skryf Hennie van Deventer soos volg:
Oupa in die langpad
Party mense kan dink dis vervelig. Van my 83 jaar op aarde is 'n kenmerk egter my lang verbintenisse. Ek en my kerk (amper 70 jaar), ek en my bank ( oor die 60 jaar), ek en vrou (amper 60 jaar ), ek en my rugbyspan (amper 60 jaar), ek en my werkgewer (amper 50 jaar) - ons kom 'n la-a-a-a-a-ng pad saam. Ook my politieke party sou die lys kon haal - toe gaan hy tot niet. Gister is nog 'n verbintenis van 50 jaar verseël. 'n Afvaardiging van die Afrikanerbond het my sertifikaat kom oorhandig vir 'n halfeeu se lidmaatskap van die trotse organisasie. So welaangenaam en verrykend soos daardie verbintenis was /steeds is, so welaangenaam was die besoek. My sertifikaat is klaar geraam en vervang die een met die syfer 40 op my "gedenkmuur" in die woonkamer. Op die foto (Sien onder) is van links Nico Burger, sekretaris van die Kaapse gebiedsraad, die uwe met sy sertifikaat, Nico Stofberg, voorsitter van die gebiedsraad en lid van die nasionale raad, en Dirk Rossouw, sekretaris van die Melkbos-afdeling. Van besonderse betekenis vir my is dat ek en Nico Stofberg - al is hy 10 jaar jonger as ek - in die 60's in Bloemfontein saam in die tuig was, gebind deur dieselfde lojaliteite, strewes en ideale. Hy was later burgemeester van Pretoria. Hy het mooi geleer daardie tyd!
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres