Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             April 2021

“Die Broederbond – Die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond 1918-1994.” Deur Prof ELP Stals

 

Die mees omvattende geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond, word op 5 Mei 2021 op ʼn aanlyn gesprek met Freek Robinson en Prof ELP Stals bekendgestel. Die uitnodigings en besonderhede sal later gestuur word. By die herlees van die omvattende werk kom ʼn mens opnuut onder die indruk, dat alhoewel ʼn groot deel oor die AB se geskiedenis handel, is die parallel met die Afrikaner se geskiedenis in dieselfde tydperk dalk nie toevallig nie en word die Afrikaner se hoofmomente baie deeglik opgeteken. Dit is inderdaad ʼn boek wat ʼn plek verdien in elke Afrikaner se boekrak.

 

Ons begin nou reeds bestellings neem. Die boek van 720 bladsye met finansiële ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se inligting is soos volg:

ISBN 978-1-776260-53-9

Uitgewer: Die Afrikanerbond

Drukker: Groep 7 Drukkers en uitgewers (Pty) Ltd

Prys: Vir AB Lede

(R450 per kopie) – Indien in Randburg by ons kantore afgehaal word.

R550 – verpakking en koerieraflewering)

Bestelvorm:   Volg skakel na boekbestelling

Voorwoord: Deur Prof Hermann Giliomee

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: