Voortrekkermonument - 15 en 16 September 2022
Donderdag 15 September 2022 om 18:00 - Opening en Kaas en wyn (Senotaafsaal)
Vrydag 16 September 2022 08:30 tot 17:00 - Bondsraad (Krugergallery)
Sedert die Bondsraad van 2018 waarin ons Eeufeesjaar tydens ʼn besondere geleentheid gehou is het soveel dinge op verskillende terreine gebeur en is die Bondsraad die ideale geleentheid om te besin, saam te praat en te beplan. Daarom nooi ons u graag na die Bondsraad (Algemene Nasionale Vergadering van die Afrikanerbond) Die vergadering word belê ingevolge Art 10.1.5 van die Grondwet van die Afrikanerbond en 13.7 van die Algemene Reglement. U het reeds in die administratiewe nuusbrief van 14 April 2022 die eerste kennis ontvang.
Soos by vorige geleenthede wil ons verseker dat ons indringende gesprek kan voer oor ons posisionering vir die toekoms. Ons wil graag die vaandel van die Afrikaner omhoog hou, die belange van die Afrikaner ten volle dien en die nuwe uitdagings op ons pad suksesvol kan aanspreek. Registreer asseblief voor 31 Augustus 2022
Skakel na die PDF registrasievorm
wat u kan aflaai Skakel PDF Vorm (Die vorm moet u stoor op u rekenaar, invlul en dan terugstuur na ledesake@abond.co.za of faks na 086 658 6343
Besoek die bladsy gereeld aangesien Bondsraad dokumente en relevante administrasie van tyd tot tyd opgedateer sal word.