Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             Maart 2021

Die publikasie van “Die Broederbond – Die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond 1918-1994.” Outeur Prof ELP Stals

 

In die vroeë negentiger jare het die Uitvoerende Raad van die Afrikanerbond, opdrag gegee aan die historikus prof ELP Stals om die geskiedenis van die Afrikaner-Broederbond op te teken. In die projek wat meer as ses jaar geduur het, het prof Ernst Stals toegang gehad tot alle argiewe van die Afrikanerbond wat tans bewaar en in stand gehou word deur die Erfenisstigting by die Voortrekkermonument in Pretoria.

 

Ons hoop om die boek in die komende weke bekend te stel waarna u dadelik u kopie sal ontvang. Daarom kan ons reeds bestellings begin neem. Die boek van 720 bladsye met finansiële ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Akademie se inligting is soos volg:

ISBN 978-1-776260-53-9

Uitgewer: Die Afrikanerbond

Drukker: Groep 7 Drukkers en uitgewers (Pty) Ltd

Prys: Vir AB Lede

(R450 per kopie) – Indien in Randburg by ons kantore afgehaal word.

R550 – verpakking en koerieraflewering)

Bestelvorm:  Skakel na bestelvorm

Voorwoord: Deur Prof Hermann Giliomee

 

Oor die boek:

 Die manuskrip is wel destyds in 1998 gedruk met enkele kopieë en het die meeste universiteitsbiblioteke en navorsingsinstansies ʼn kopie ontvang. ʼn Onverwerkte elektroniese kopie, wat nie geskik is vir navorsing of publikasie is wel by Die Eike, geberg en is van tyd tot tyd gebruik vir verwysings en navorsing. Die elektroniese teks moes eers verwerk word. Vroeg in die jare 2000 is die manuskrip se teks uit ʼn ou woordverwerkingsprogram omgeskakel na MS Word. Die omskakeling en formatering was hoegenaamd nie gebruikersvriendelik nie. In totaal is daar 3 200 bronverwysings as voetnotas wat toe elders in die teks geplaas is en alle leestekens het verlore geraak. Na etlike maande kon die teks, met voetnotas en alles herstel in die oorspronklike formaat, weer aan prof Ernst Stals besorg word vir finale redigering van die teks en inhoud.

 

Hierdie teks is ook pas volledig voorsien van ʼn indeks wat dit dan ook as ʼn volwaardige akademiese en historiese bron vestig. Die volledige manuskrip is nou drukgereed en is die eerste proefboeke reeds gedruk. As gevolg van Covid-19 en die vereistes van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sal die boek egter in die komende weke bekendgestel word.

 

By die lees van die verhaal oor die Afrikaner-Broederbond in sy geheel, is ʼn mens se gewaarwording dat in baie opsigte die hart van die Afrikaner hier blootgelê word. Dit is moontlik veral aangesien die bronne in ʼn gees van vertroulikheid geskep is en dus in ʼn besondere sin openhartig en onpretensieus van karakter is.

 

Hierdie verhaal, wat ʼn lang tydperk dek, is ʼn goeie illustrasie van die noodsaaklikheid om mense, hulle opvattings en gebeure teen die agtergrond van hulle tyd te verstaan. Daardeur word reg laat geskied aan die basiese eis dat geskiedskrywing daarop gemik moet wees om die verlede te beskryf “soos wat dit eintlik was”. Indien oordele uitgespreek word vanuit hedendaagse perspektiewe, word die verlede vervals.

Prof Hermann Giliomee - ”Die geheelindruk waarmee ʼn mens van Stals se indrukwekkende werk wegkom, is een van verwondering. Daar is sekerlik onder die AB-dekmantel rug gesteek, geknoei en afgeknou, maar ʼn groot gros van die lede het elke maand tyd afgestaan om te besin oor die oorlewing van ʼn historiese tradisie, ʼn taal, en ʼn gemeenskap op ʼn manier wat eerbaar en volhoubaar is” 

Prof Fransjohan Pretorius “Hierdie is ʼn eerlike poging om die geskiedenis, rol en invloed van die AB in die Suid-Afrikaanse geskiedenis so objektief moontlik te boek te stel, gebaseer op die beskikbare AB-dokumente. En as sodanig is dit ʼn lofwaardige poging.”

Prof Henning van Aswegen - “Dit is ʼn werk van hoogstaande gehalte en die enigste omvangryke en geloofwaardige werk wat tot op hede oor die AB geskryf is. Dit is 'n belangrike bydrae tot die Afrikaner se geheue van sy verlede en sal lank die standaard werk oor hierdie organisasie bly.”

Dr Dioné Prinsloo - “Die AB het ’n leidende rol in die verloop van die geskiedenis van SA in die 20ste eeu gespeel. Latere navorsers sal hier ‘n volledige, deeglik nagevorsde en gebalanseerde oorsig van die AB se wel en wee verkry. Ook die algemene leser sal die boek boeiend vind.”

 

Vir die eerste keer is die oorspronklike teks en die omvattende boek nou maklik toeganklik. Aangesien die werk so omvattend is, het verskeie uitgewers nie kans gesien hiervoor nie. Die Afrikanerbond is dus self uitgewer en die boek word op bestelling gedruk deur Groep 7 drukkers in Pretoria. Dit sal egter later ook as e-boek gepubliseer word. Die finale kostes sal op die bestelvorm aangedui word maar die boek wat in ʼn hardeband gedruk word se koste vir lede is tans R450. Ons wag ook nog vir ʼn kwotasie vir ʼn leeromslag. Die koerierkostes in die Johannesburg / Pretoria omgewing is R80 en verpakking R20. Vir koerierkostes na enige ander plek in die land is dit R110.

 

By die herlees van die omvattende werk kom ʼn mens opnuut onder die indruk, dat alhoewel ʼn groot deel oor die AB se geskiedenis handel, is die parallel met die Afrikaner se geskiedenis in dieselfde tydperk dalk nie toevallig nie en word die Afrikaner se hoofmomente baie deeglik opgeteken. Dit is inderdaad ʼn boek wat ʼn plek verdien in elke Afrikaner se boekrak.

 

Stuur ʼn e-pos na hoofkantoor@abond.co.za of na kommentaar@abond.co.za om die bestelvorm te ontvang.

Of

Skakel na bestelvorm

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: