AB in Dialoog met prof. André Duvenhage - Verkiesing 2024
“Suid-Afrika staan voor sy grootste veranderinge sedert 1994, met groot onsekerhede op die pad vorentoe. Die status quo is nie volhoubaar nie en die vraag is nie of daar verandering gaan wees nie, maar eerder watter vorm dit gaan aanneem; watter tydsraamwerk ter sprake is, en veral wat die regerende elite se reaksie op ʼn potensieel verswakkende situasie gaan wees. Dit maak die 2024-verkiesing die belangrikste verkiesing sedert die totstandkoming van ʼn nuwe grondwetlike bedeling.” Prof André Duvenhage
Die nuutste besprekingsdokument van die Afrikanerbond is op 26 September 2023 aan lede en meningsvormers gesirkuleer. Die omvattende besprekingsdokument Die aanloop (en waarskynlike afloop) van die 2024 Nasionale en Provinsiale verkiesing: ʼn rekonstruktiewe verkenning van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing deur prof André Duvenhage kan gelees word by https://online.fliphtml5.com/hwiua/fyfp/
https://www.afrikanerbond.co.za/verkiesing-2024-a-duvenhage-ab-besprekingsdokument (Die PDF weergawe kan ook by die skakel afgelaai word)
Die gedagtes in die besprekingsdokument is nie om voorspraak vir of teen ʼn politieke party te maak nie. Ons sou eerder wou kyk wat die moontlike uitkomste van die komende 2024 verkiesing kan wees en wat die moontlike scenario’s mag wees vir Suid-Afrika, maar ook watter ideale scenario ons graag wil sien en wat ons kan bevorder.
Prof André Duvenhage gesels op 18 Oktober 2023 oor die inhoud van die besprekingsdokument die 3 scenario’s wat daarin uiteengesit is en ander aktuele kwessies met lede en belangstellendes.
Die potensiële slegte-saak-scenario (scenario 3) wat beskryf word in die dokument kan oor die medium en langtermyn afgeweer word deur ʼn fundamentele hervorming van die politieke, ekonomiese en maatskaplike orde. Ons sal graag gedagtes wil wissel oor wat gesien word as die fundamentele hervorming van die bestaande orde. Enige vrae vir prof. Duvenhage vir die webinaar kan gestuur word na kommentaar@abond.co.za
Webinaar besonderhede: (Registrasie is noodsaaklik)
Datum: Woensdag 18 Oktober 2023
Tyd: 17:30 – 18:45
Skakel vir registrasie voor 12:00 op 18 Oktober 2023
https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_CBBEIieTRYCae0O0Lgthzw#/registration
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres