Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             April 2021

(Foto van Ds Anton Janse Van Rensburg , Voorsitter van Bellville streek van die AB en ook onder-voorsitter van die AB in Gebied 1 Goeie Hoop , mev Marianne Bingle , Willem Rossouw , NR lid vir Prov Wes-Kaap en Nico Burger , Gebiedsekretaris van die AB in Gebied 1 Goeie Hoop)

AB lede in die Wes-Kaap kry erkenning


Die bestuur van Gebied 1 Goeie Hoop het in Nov 2019 besluit om vir Dr Pieter Bingle en vir Ds Kobus van der Westhuyzen beide oud UR lede vir die Wes-Kaap ,te nomineer vir ʼn oorkonde waarin ons dank en waardering uitgespreek word vir baie jare se toegewyde en omvangryke werk wat hulle in belang van Afrikaners in Suid-Afrika gelewer het. Die deelname en leiding van beide Dr Pieter Bingle en Ds Kobus van der Westhuyzen in die kerklike en kultuurlewe, ver buite die geledere van die Afrikanerbond, het nie ongesiens verby gegaan nie. Langs die weg gee ons dus graag erkenning vir die besondere uitlewing van die strewe en doelwitte van die Afrikanerbond. Die Nasionale Raad het die versoek en oorkonde ook so goedgekeur

 

Dr Pieter Bingle se gesondheid het so verswak dat hy nie die Oorkonde persoonlik sou kon ontvang nie. Ons het vir oud-Pres FW De Klerk genooi as spreker by ons Gebiedsaamtrek op  Dinsdag  19 Mei 2020 en hy sou dan by die geleentheid die Oorkondes oorhandig het aan Ds Kobus Van Der Westhuyzen en aan Dr Pieter Bingle se vrou mev Marianne Bingle.

 

Toe kom Covid 19 en ons kon nie die Gebiedsaamtrek hou nie. Intussen is Dr Bingle oorlede op 28 Junie 2020

 

Ds Anton Janse Van Rensburg, Willem Rossouw en ekself het op 16 Maart 2021 vir mev Marianne Bingle by haar huis gaan kuier en toe die Oorkonde aan haar oorhandig.

 

Ds Anton Janse Van Rensburg het ook gereël dat oud Pres FW De Klerk vir mev Bingle skakel terwyl ons daar is , en haar gelukwens .

 

Baie Dankie

 

 Nico Burger

Gebiedsekretaris van die AB in Gebied 1 Goeie Hoop)

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: