AB lid word 101
Dit gebeur nie dikwels dat ‘n AB lid 101 jr oud word nie. Lid 10835 Dr GI (Igna) Van Rooyen het op Maandag 30 Mei 2022 die besondere ouderdom van 101 jr bereik.
Nico Burger , Gebiedsekretaris van AB Gebied 1 Goeie Hoop , Johan Van Tonder , Voorsitter van dr Igna se afd 1442 Bellville Môreson en Willem Rossouw NR Lid het op 27 Mei vir dr Igna Van Rooyen en sy vrou by hul huis in Durbanville gaan kuier om vir dr Igna geluk te wens met sy 101 ste verjaardag wat Maandag plaasgevind het .
Dr Igna van Rooyen het op Ikeys medies studeer en was toe later Adjunk Direkteur-Generaal by die Departement van Gesondheid. Hy het 22 Mei 1969 in Pretoria lid van die AB geword. Na hy afgetree het, het hulle in Durbanville kom woon. Daar was hy ook sekretaris van sy afdeling.
Dit gaan onder omstandighede goed met dr Igna . Hy sit wel in ‘n rolstoel.
Namens die Nasionale Raad, die lede en Die Eike wens ons Dr Igna graag geluk met die merkwaardige ouderdom.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres