Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

AB In dialoog - Webinaar: Mnr FW De Klerk


AB Webinaar (7) Afrikaners in Dialoog: Voormalige President FW De Klerk 

- Woensdag 11 November 2020 om 17:00 - 

In die tyd van inperking het ons met groot sukses reeds ses Zoom webinare aangebied vir ons lede en belangstellendes. Ons het vantevore reeds vir Prof Andre Duvenhage van NWU as ʼn gas gehad rondom die politieke omgewing in Suid-Afrika, Daarna was dit Prof Jannie Rossouw van WITS wat ʼn ekonomiese perspektief gehad het gevolg deur Jan Oberholzer bedryfshoof van Eskom. Dit is weer opgevolg deur 'n gesprek met Tim du Plessis rondom ʼn nuwe politieke en ekonomiese bestel en daarna was Flip Buys van die Solidariteitsbeweging ons gas en is ons toegelig oor selfbestuur. Op 16 September was Dr Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudinge ons gas rondom sy nuwe boek en die moontlike scenario’s vir Suid-Afrika. 

Dit is vir ons aangenaam om te bevestig dat ons volgende gas, voormalige president FW De Klerk is. Teken dus voorlopig die datum 11 November 2020 om 17:00 aan. Ons het mnr de Klerk genooi om gedagtes te wissel oor 'n regstaat en die huidige bedreigings vir die grondwet, die posisie van minderhede en wat ons kan en behoort te doen om die grondwet tot ons voordeel aan te wend.   

Hou u e-pos dop vir meer besonderhede vir registrasie. Kontak ons by kommentaar@abond.co.za vir meer inligting 

Datum: 11 November 2020
Tyd: 17:00 
Zoom Webinaar   

Tegniese inligting oor Zoom en die webinaar

Die webinaar fasiliteit werk soos volg: 
1) U moet registreer waarna u ʼn individuele skakel per e-pos sal ontvang. Alle registrasies word eers vooraf gekontroleer en u sal ʼn epos ontvang na bevestiging. U skakel sal dan toegang bied tot die webinaar op die tyd en datum soos bo. 
2) U moet sowat 10 minute voordat die webinaar begin reeds inskakel, sodat ons stiptelik kan begin. 
3) Deelnemers tot die AB se webinaar (AB lede en gaste) sal slegs die paneel en spreker kan sien en hoor en nie ander deelnemers of gaste nie. Dit is dus nie nodig vir ʼn kamera nie. 
4) Vrae kan vooraf gestuur word (Voor of op 14 Julie 2020) of kan tydens die webinaar op die gespreksfasiliteit op die platform gevra word, indien tyd dit toelaat. 
5) U kan die Zoom toepassing aflaai of die webgebaseerde instelling gebruik. (Lees gerus ook die volgende handleiding op ons webwerf wat meer inligting gee oor Zoom vergaderings. Al die vrae en handige kwessies word hanteer in die onderstaande
6) Enige selfoon kan die Zoom funksie ook aflaai as ʼn toepassing. Met ʼn (slimfoon) met kamera kan u ook op Zoom vergaderings inteken per tweerigting video. 
7) Die sagteware kan ook op ʼn rekenaar (skootrekenaar met kamera werk goed) afgelaai word     
Share by: