AB Wes-Kaap - Energieberaad op 1 April 2023 (Teken die datum aan)
Die AB Wes-Kaap Provinsiebestuur reël vir 1 April 2023 ‘n beraad waar kundiges AB lede met agtergrond en kennis sal bemagtig om ingelig deel te kan neem aan publieke meningvormende privaatgesprek, openbare debat en doelgerigte aksies, gerig op die dringende ondersoek van alternatiewe betroubare onafhanklike kragvoorsiening in die Wes-Kaap, en die vind van volhoubare oplossings.
TEMA: Die Soeke na Alternatiewe en Betroubare Energiebronne vir die Wes-Kaap - Het die AB ‘n rol om te speel?
Die Provinsiale bestuur is oortuig dat inplaas van as passiewe kritici, ons lede weereens, soos in die verlede, as aktiewe deelnemers en meningsvormers, ‘n positiewe bydrae kan lewer tot die vind van volhoubare oplossings in ons Gebiede, Streke en Provinsie - dalk ook wyer.
In die lig van die erns van die energiekrisis het die bestuur besluit om ‘n geleentheid te skep vir ons lede om objektiewe inligting te bekom oor alternatiewe tegnieke en moontlike bestuursmodelle wat as potensiële oplossings vir die probleem in die Wes-Kaap sou kon dien.
Kom gee jou inset, mening en advies en ‘n duidelike mandaat aan Provinsiebestuur met die oog op die pad vorentoe na betroubare onafhanklike kragvoorsiening in die Wes-Kaap!
Kom kuier saam op:
Datum: Saterdag 1 April 2023
Tyd: 09:00 – 14:30
Plek: Picardie Gasteplaas, Paarl
Program sluit in:
Spesialis spreker: Dr Kelvin Kemm
Windplase
Sonplase
Gas Turbines
Korrelbed Kernkrag
Spesialisspreker: Francois Melet
: Lewensvatbaarheid van ‘n Geprivatiseerde Aanleg
Modulêre ontwikkelings
Kostestrukture
Bestuursmodelle
Ledegesprek: Het die AB in die Wes-Kaap ‘n rol om te speel?
Registrasie: R 200:00 betaalbaar by registrasie en sluit in Tee/Koffie by ontvangs, middagete en gebottelde water by tafels
Tee, Koffie en Middagete
Wynveiling ter stywing van Provinsiale fondse: Registreer (by aankoms) vir R 50:00 en ontvang ‘n gratis eerste bottel wyn
Vrugtepakkie
Verblyf is op die gasteplaas beskikbaar Skakel 021 8633357 vir besprekings.
ʼn Formele uitnodiging na lede in die Wes-Kaap volg binnekort
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres