Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           September 2021

AB Wes-Kaap Gebiedsbyeenkoms : Gebied 1 ,2 en 15:

Saterdag  2 Oktober 2021 te Robertson om 10h00.


In die verlede was daar verskeie saamtrekke aangebied waar lede lekker kon saamkuier. Die hoofdoel vanjaar is om weer byeen te kom om sake rakende die AB. te bespreek en die lede byeen te bring na in lang afwesigheid weens die Covid-19 pandemie.

 

Kom luister na Jan-Jan Joubert, bekende kommentator wat ‘n oorsig sal gee oor die heersende omstandighede in Suid-Afrika, met die moontlikhede van stabiliteit teenoor onstabiliteit.  

 

Die Voorsitter, Br Dries Wiese  sal die geleentheid bywoon en ook enkele gedagtes oor ʼn AB perspektief deurgee, terwyl die hoofsekretaris, Br. Jan Bosman ook sal bywoon.

 

Die inligting van die byeenkoms as volg:

 

Datum:           Saterdag, 2 Oktober 2021

Plek:             Mothsaal, Voortrekkerweg, Robertson

Let wel: Covid-19 protokol sal gehandhaaf word

 

Tyd:               09H30 vir 10H00

Koste:            R150.00pp  - Die betaling van die byeenkoms sal by aankoms vereffen word.

Ete sal voorsien word.

 

Terugvoer moet voor 18 September 2021 voorsien word aan Br. Siebert Coetzee by selnommer 083 286 9209 of

e-pos siebertcoetzee@gmail.com

 

Die volledige program sal later voorsien word.

 

Alle lede is welkom om die byeenkoms by te woon.

 

Groete

 

Siebert Coetzee

Provinsiale Bestuur. Sekretaris

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: