"Die huidige strafregstelsel is ’n sinkende skip wat nie gered kan word nie en alternatiewe maniere van vervolging soos privaatvervolging gaan al hoe belangriker word in die stryd om geregtigheid."
Die bogenoemde was die mening van kundiges wat op 18 Oktober 2021 aan AfriForum se konferensie oor die verval van die strafregstelsel deelgeneem het. Tydens die konferensie het Adv Gerrie Nel gesê: “Daar is ’n algehele gebrek aan erns by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om sake te wil afhandel en duidelik ook ’n gebrek aan kundigheid en kundige ondersoekers om sake te ondersoek.”
Nel het ook gesê: “Die voeteslepery en vertragings in sake by die NVG bevestig dat mense nie gelyk voor die reg is nie. Die NVG se onvermoë en weiering om individue met politieke bande te vervolg, is tekenend dat hulle na die pype van hul politieke meesters dans. Dit het tot gevolg dat mense vertroue in die regstelsel verloor en eenvoudig moed opgee in hul soeke na geregtigheid. Die NVG en die polisie hoop dikwels dat klagtes net sal verdwyn. Die privaatvervolgingseenheid gaan egter aanhou om hul tot verantwoording te roep.”
In Februarie 2022 Skryf Adv. Glynnis Breytenbach - DA LP) in Rapport “Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het in ’n stadium lank, lank gelede, tussen omstreeks 1990 en 2012, ’n bloeitydperk beleef. Wat oorgebly het is ’n skaduwee van die NVG van vroeër, ’n instelling nou diep geskaad deur politieke inmenging en onbeskryflike swak werwingsmetodes en ’n ernstige gebrek aan onafhanklikheid en integriteit. Almal is bang om enigiets hardop te sê oor ongerymdhede – bang hulle is dalk hul werk kwyt.
In die onlangse verlede was daar baie vrae oor kwessies in die strafregstelsel:
Adv Gerrie Nel, hoof van AfriForum se private vervolgingseenheid, gesels oor dié en vele ander kwessies in die strafregstelsel in die volgende AB in dialoog webinaar.
Kom luister en gesels met Adv. Gerrie Nel op Woensdag 24 Mei 2023 om 17:30. U is welkom om vooraf vrae stuur na kommentaar@abond.co.za
Webinaar registrasie
Volg die skakel om te registreer: https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_Y2u9bFFsSdupFmaeODcxvQ
Baie dankie dat u kommentaar gelewer het
Jameer daar was 'n fout met die boodskap. Probeer later weer
Adres