Die aflegging van die Gelofte - 'n Besprekingsdokument
Die Gelofte verbind ons as opkomende geslagte nie net tot die herdenking van die dag as dankdag nie. Ons kyk altyd die laaste gedeelte van die gelofte mis en dit is hieruit waar ons hoop, krag en inspirasie moet put
“...want die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en eer van die oorwinning aan Hom te gee.”
Hoe doen ons dit?
Deur as Afrikaners vandag te aanvaar
Dan word die vierde strofe van Die Stem ook ons eie Gelofte wat ons jaarliks herhaal
“Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —
Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer —
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.”
Dít is dan die boodskap van 16 Desember:
“Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer!” Die omstandighede van vandag is anders, daarom moet die oplossings van vandag ook anders wees en daardeur sal ons net soos in 1838 oorwinning behaal want die Almagtige Vader bly vir ewig onveranderd in sy trou.
Lees gerus die volgende onderstaande besprekingsdokument oor die Gelofte, die agtergrond en die verbintenis wat ons vandag nog nakom. Die studiestuk is opgestel deur die navorsingsafdeling van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres