Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Besprekingsdokument- Mei 2024 
Afrikaner Funksionele outonomie  2024.  


Afrikaner Funksionele outonomie - oorsprong, betekenis en potensiaal. Deur dr. Bertus de Villiers 

In die Afrikaner Verklaring (Lees by die skakel) word twaalf kwessies uitgelig. Hierdie besprekingsdokument is ʼn bydrae tot die kwessie Kulturele vryheid is ʼn voorwaarde vir demokratiese vryheid.  
(Vanuit die Afrikaner Verklaring) 
Die erkenning van kulturele vryheid in die gestalte van kultuurverwante regte en ruimtes is ʼn voorwaarde vir die gelyke genieting van ons individuele regte. Sonder hierdie erkenning weeg die individuele regte van die demografiese meerderheid swaarder as die individuele regte van kulturele of nasionale minderhede.

Ons kulturele instellings soos skole, universiteite, vakbonde en dergelike ander skep vir ons die tuistelike ruimtes wat ons in staat stel om ons kultuur uit te leef. Ons ervaring is dat hierdie ruimtes voortdurend polities aangeval en deur wetgewing en politieke beleid in die gedrang kom. Daarom wil ons deur interne kulturele outonomie en inspraak in die owerheid verseker dat ons blywende demokratiese kulturele vryheid kan geniet. Wanneer ons met vrymoedigheid deur ons eie instellings aan ons kulturele lewe kan deelneem, is dit vir ons makliker om uit te reik na ander gemeenskappe en op hierdie manier samewerking te bevorder.

Ons wil u daarom nooi om saam met ons te begin dink oor die verdere uitrol van die Afrikaner Verklaring en hierdie dokument en die inhoud in diepte te bespreek. 

Mei 2024 

Opsies om die besprekingsdokument te lees:

Lees aanlyn onder:

Laai die PDF dokument af.

Lewer kommentaar

Share by: