Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

             April 2021

Skrywe van die Afrikaanse Taalraad oor die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch


(Die Afrikanerbond gaan ook kommentaar lewer oor die taalbeleid. Enige voorstelle of insette kan gestuur word na kommentaar@abond.co.za)

 

Beste lede en vriende van die Afrikaanse Taalraad

 

Ons moedig almal aan om voor die afsnydatum van 12 April kommentaar te lewer op die nuwe konseptaalbeleid van die Universiteit Stellenbosch. Volg asseblief hierdie skakel daarvoor: http://www.sun.ac.za/afrikaans/meer-oor/language. Die konseptaalbeleid kan ook hier afgelaai word.

 

Die Taalraad het bedenkinge oor die inhoud en implementering van die 2016-beleid, maar nog meer so oor die nuwe konseptaalbeleid en die algemene taalklimaat waarbinne dit geïmplementeer sal word. Ons het uiteraard ook bedenkinge oor die waarde van deelname aan die 2021-hersiening van die taalbeleid, hoewel die US onderneem het om hierdie keer op alle kommentaar te reageer.

 

Die hoofrede vir dié skeptisisme is dat taalprobleme aan dié instelling veel verder strek as ʼn swak taalbeleid wat daarop mik om hofsake te wen eerder as om taal op ʼn deursigtige manier te reguleer. Om ʼn daadwerklike verskil vir Afrikaans en ware meertaligheid te maak, is dit naamlik nodig om ook die Universiteit se visie en beleidsrigtings ten opsigte van transformasie, personeelaanstellings en studentewerwing aan te pas. Hiervoor ontbreek die interne asook eksterne politieke wil eenvoudig.

 

Die Taalraad hoop nietemin dat so veel instansies en individue as moontlik kommentaar sal lewer. Veral ouers, studente en gemeenskapsleiers word aangemoedig om dit te doen en om, waar moontlik, hulle kommentaar ook deur die druk- en sosiale media te versprei. Dit is nodig om die wye teenkanting wat onder individue, gemeenskappe en organisasies bestaan duidelik te maak.

 

Enigiemand wat meer agtergrond nodig het, moet nie huiwer om met ons in aanraking te kom nie.

 

Vriendelike groete

 

Conrad Steenkamp

 

Dr Conrad Steenkamp

Hoof: Afrikaanse Taalraad 

www.afrikaansetaalraad.co.za 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: