ONWETTIGE BETREDING OP PERSELE WETSONTWERP
Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het op 12 Augustus 2022 die Wetsontwerp op Onwettige Betreding op Persele 2022 (‘die Wetsontwerp’) vir openbare kommentaar gepubliseer.
Jaco Swart - Nasionale Bestuurder van die National Employers’ Association of South Africa (NEASA) skryf oor die wetsontwerp soos volg:
Sedert die publikasie doen 'n aantal sosiale media video's en -berigte die ronde wat die beweerde kwaadwilligheid van die voorgestelde wetgewing uiteensit.
Sommige van hierdie plasings beweer dat die voorgestelde wetgewing enige persoon toelaat om jou huis onwettig binne te gaan om te roof of aan te rand of enige ander gruwelike misdaad te pleeg, en al wat die huiseienaar kan doen, is om die oortreder te versoek om die perseel te verlaat en as hy weier, die polisie te kontak. Eiendomseienaars het nie meer die reg tot selfverdediging, beskerming van eiendom en optrede uit noodweer nie, beweer die plasings.
Niks kan egter verder van die waarheid wees nie. Dit is glad nie wat die voorgestelde wetsontwerp doen nie.
Die Wetsontwerp op Onwettige Betreding op Persele sal die huidige Wet op Betreding vervang indien dit ingestem word. Die rede vir die vervanging, is dat die Konstitusionele Hof bevind het dat die Wet op Betreding sy wortels in die apartheidsera het en die doel daarvan nie meer in ons huidige demokratiese bedeling gepas is nie.
Die voorgestelde wetsontwerp het geen uitwerking op die misdade van huisbraak of roof nie, en beïnvloed ook nie 'n individu se regte op selfverdediging of om uit noodweer op te tree nie. Dit is, soos betreding, afsonderlike misdade en verdediging waarop die wetsontwerp geen uitwerking het nie.
Die wetsontwerp doen die volgende:
Hierdie wetsontwerp verskans die regte van eienaars en wettige okkupeerders en moet ondersteun word, eerder as om teengestaan te word, soos wat sommige sosiale media kommentators voorstel.
Ons het ook voorlopige kommentaar van mnr Hans-Jurie Moolman, prokureur van Potchefstroom ontvang. Hy was ons ook behulpsaam wees met die formele kommentaar: Hy sê onder andere:
Dit is nogal insiggewende en welkome wetgewing. Daar is egter ‘n paar begrippe wat beter omskryf moet word. Ek dink ook dat die wet eksplisiet moet bepaal dat dit ‘n bepaling is wat gevolg gee aan artikel 25(1) en 14 van die Grondwet.
In artikel 25(1) word bepaal dat geen wetgewing arbitrêre ontneming van eiendom mag veroorloof nie. Dit beteken ook dat wetgewing nie op enige wyse ‘n interpretasie gegee mag word, wat arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie. In die verband het die Grondwet ‘n vertikale (staat teen landsburgers) en horisontale (landburgers teenoor mekaar) toepassing.
Dit is ook duidelik dat die oprigting van strukture nie meer ‘n persoon sal vrywaar van vervolging vir die misdrywe soos in die konsepwetgewing omskryf word nie. Dit gaan ‘n sterk teenvoeter vir grondinnames word.
Kommentaar moet daarop gerig word om die wetgewing in staat te stel om die oppergesag van die reg te bevorder en soos in die geval met wettige uitsettings alle dispute betrekking tot eienaarskap, besit en toegang tot grond deur die howe te kanaliseer in plaas daarvan om ‘n leemte te laat vir persone om reg in eie hande te neem.
Die Afrikanerbond sal formele kommentaar lewer op die voorgestelde wetsontwerp maar lede word aangemoedig om self ook na die wetsontwerp en implikasies te kyk. Lees gerus die voorlopige kommentaar soos opgestel deur Hans-Jurie Moolman op ons webwerf - Volg skakel
Die wetsontwerp kan ook by die volgende skakel besigtig en afgelaai word:
Kommentaar op die wetsontwerp moet ingedien word by Me A Botha, voor of op 16 September 2022. Die kontakbesonderhede is soos volg:
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres