Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           September 2022

Bondsraad 2022 - Afrikaner Brugbouers na die toekoms

 

Na twee jaar van inperking is dit ʼn besondere voorreg om in die 104e bestaansjaar van ons organisasie weer ʼn Bondsraad te kan hou. Heelwat lede het al geregistreer vir die Bondsraad wat op 15 en 16 September 2022 by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou word. Hierdie is die eerste keer wat ons ’n hibriede bondsraad hou waarin lede in persoon of aanlyn via ons Zoom platform kan bywoon.

 

Sedert die Bondsraad van 2018 waarin ons Eeufeesjaar tydens ʼn besondere geleentheid in Paarl gehou is, het soveel dinge op verskillende terreine gebeur en is die Bondsraad die ideale geleentheid om te besin, saam te praat en te beplan.

 

Die amptelike opening van die Bondsraad is op Donderdag 15 September 2022 om 18:00 by die Senotaafsaal in die Voortrekkermonument. Tydens die geleentheid word enkele oorkondes aan instansies en individue oorhandig waarna die AB Voorsitter, Br Dries Wiese die Bondsraad amptelik sal open. Dit word gevolg deur ‘n besondere begeleide toer  van die marmerfriese deur dr Danie Langner Besturende Direkteur van die Voortrekkermonument. Die geleentheid sal ook via Zoom besigtig kan word.

 

Op Vrydag 16 September 2022 vind die Bondsraad in die Kruger-Galery by die Voortrekkermonument plaas. Ons volg ʼn tematiese raamwerk in die program en sal ons graag enkele interne sake wil hanteer waarna ons dan ook eksterne sprekers het:

 

Sprekers tydens die Bondsraad

Connie Mulder van die Solidariteit Navorsingsinstituut sal toeligting gee oor die Demografie van die Afrikaanse gemeenskap.

 

Koalisievorming in die herskikking van die Suid-Afrikaanse politieke omgewing is tans in die kollig en is ons bevoorreg om die twee kundiges te ontvang wat die aktuele tema sal toelig.

-       Helen Zille, Voorsitter: Federale Raad van die Demokratiese Alliansie en

-       Dr Corne Muller, Vryheidfront Plus Hoofsweep

 

Ons sal ook in die nuusbrief volledig verslag doen oor die Bondsraad en van die insette wat ons vir die Bondsraad ontvang het sal ook beskikbaar gestel word. 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: